AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Uiteenlopende reaksie op staatsrede

President Jacob Zuma se staatsrede het uiteenlopende reaksie ontlok met kritiek en verwelkoming uit landboukringe.

Groot verwagtinge is gekoester vir pres. Jacob Zuma se staatsrede, maar verskeie organisasies het hul teleurstelling uitgespreek oor dít wat hy Donderdagaand (14 Februarie 2013) gesê het of nié gesê het nie. Die TLU SA beskryf die toespraak as ’n “struggle-rede” en nie ’n staatsrede nie.
 
Dié benaming is gegrond op die feit dat die President op die herdenking van die “Naturellen Grond Wet” van 1913, inhegtenisnemings by Lillysleaf-landgoed 50 jaar gelede en sy meegevoel met die heengaan van “struggle”-veterane gefokus het.

“Saam met die heengaan van sy struggle-vriende, kon hy ten minste ook sy meegevoel betuig het met die naasbestaandes van die 51 boere wat verlede jaar op hul plase vermoor is,” lui ’n verklaring.
 
Die organisasie meen dat ’n moeilike tyd vir die landboubedryf voorlê met die beginsel van gewillige koper en gewillige verkoper wat finaal geskrap is en wat tot nóg meer werksverliese gaan lei. “Die President het nie werklik enige gerusstellende stellings gemaak wat vertroue in die land sal versterk nie. Die TLU SA meen daarom nie dat hy moet staat maak op grootskaalse belegging in die land nie.”
 
Onsekerheid oor grondhervorming
Die President se aankondiging dat die grondeiseproses vir aansoeke weer oopgestel gaan word, ook vir eise voor 1913, gaan volgens die TLU SA meer onsekerheid oor grondhervorming veroorsaak. “Dit dompel die landbou weer van voor af in onsekerheid, en gaan beslis binne die volgende vyf jaar ’n sigbare uitwerking hê op voedselsekerheid in die land,” waarsku mnr. Louis Meintjes, voorsitter.
 
Dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye en die leier van die VryheidsFront Plus, stem hiermee saam. Hy sê vir 19 jaar heers onsekerheid in die landbou oor dié uitgerekte proses.
 
“Deur sekere aankondigings rondom die heropening van die 1913-afsnypunt te maak sonder om die besonderhede daarvan uit te spel, veroorsaak weer van vooraf onsekerheid,” meen Mulder. “Wat Suid-Afrika tans nodig het, is sekerheid en hoop. Die President het nie daarin geslaag om met sy staatsrede een van hierdie twee te bied nie.”
 
Streng optrede teen betogings
Mulder verwelkom die President se stelling dat streng opgetree sal word om onwettige, gewelddadige betogings te voorkom. Dr. John Purchase, hoof uitvoerende beampte van Agbiz, het dit ook verwelkom. Hy sê anargistiese optrede, gewelddadige misdaad en korrupsie ondermyn die wese van die samelewing en beleggers se vertroue in die land.
 
Oor die algemeen verwelkom Purchase die staatsrede, maar hy vermoed dat bepalings oor grondhervorming tot regstappe kan lei. Hy verwelkom die stelling dat die proses vinniger afgehandel moet word, maar reken dat die gebruik van die beginsel van regverdige en billike vergoeding vir grond onsekerheid vererger. “Dit mag tot sake in die Grondwethof lei in ’n poging om duidelikheid oor die proses en die beginsel te kry.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.28
+0.3%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,631.00
+0.5%
Silwer
18.42
+0.4%
Palladium
2,070.62
+1.4%
Platinum
851.85
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot