AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Uiterste droogte in streek kan erger’

Die erge droogte in Suider-Afrika kan eers sy toppunt in Januarie 2017 bereik, meen mnr. Fanie Brink.

“Suider-Afrika is in die middel van die mees ernstige droogte in 35 jaar en volgens die Verenigde Nasies kan die uiterste droë klimaatstoestande oor die komende maande vererger. Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika het dit egter met die baie beperkte droogtehulp wat sedert die begin van die jaar aan die landboubedryf verleen is dit duidelik laat blyk dat hierdie klimaatstoestande eintlik ‘n groot grap is,” sê mnr. Fanie Brink, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom. “Maar ek het nuus vir hulle – dit is glad nie ‘n grap nie!”

Brink sê in 'n nuusverklaring dat ná 'n vierdaagse besoek aan Mosambiek het ‘n spesiale gesant van die VN oor klimaatsverandering en buitengewone weersverskynsels, soos ‘n El Niño, Macharia Kamau, beklemtoon dat die verwoestende droogte eers sy ergste vlak om en by Januarie 2017 sal bereik. Ongeveer 18 miljoen mense in die streek is reeds ernstig geraak deur die wydverspreide gevolge van die droogte.

Die droogtehulpmaatreëls wat die Regering sedert sy hoofbegroting in Februarie vanjaar en so pas in sy Mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) aan die landbou bewillig het, het nie alleen die kommersiële boere totaal uitgesluit nie, maar dit sal ook nie veel doen om die lot van die klein bestaans- en ontwikkelende boere te verlig nie.

'Niks te sien van R2 miljard se hulp'

Die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) het op sy onlangse kongres dit duidelik gestel dat daar in elk geval niks te sien is van die meer as R2 miljard wat sedert die begin van die jaar aan nuwe ontwikkelende boere bestee is nie. Die vraag moet dus gevra word hoeveel van hierdie geld wel by die opkomende boere uitgekom het?

Die droogtehulpmaatreëls van R553,3 miljoen wat die Minister van Finansies nou in sy MTBR begroot het gaan ook nie net vir landbou aangewend word nie. Altesaam R212 miljoen is by die aansuiweringsbegroting van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se steunprogram vir die landbou bygevoeg sodat veevoer aangekoop kan word. Die steunprogram het in elk geval reeds platgeval weens die onvermoë van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om dit suksesvol te implementeer.

Altesaam R341 miljoen is vir die Departement van Water en Sanitasie bewillig waarvan sowat R291 miljoen vir 'n mobiele ontsoutingsaanleg aangewend sal word, terwyl R50 miljoen by die toelaag vir die infrastruktuur vir waterdienste gevoeg is vir die aanry van water as ’n korttermyn droogte-verligtingsmaatreël. Die aanwending van hierdie geld is hoogs onder verdenking en die bedrag wat wel uiteindelik die ontwikkelende boere sal bereik, moet ernstig bevraagteken word.

Geen hulp vir herstel

“Dit beteken dat die Regering hierdie jaar feitlik geen droogtehulpmaatreëls vir die herstel van die langertermyn produksievermoë van die landbou om voedsel te produseer, bewillig het nie, wat hom nog baie duur oor die volgende paar jaar te staan sal kom.”

Ná die baie ernstige droogte in die vroeë negentigs moes die vorige regering die graanprodusente met R3,8 miljard gehelp het om hulle ernstige kontantvloeiprobleme te verlig, asook skuldoorlaatskemas en ‘n staatswaarborg om hulle in staat te stel om weer produksiekrediet te bekom om die volgende seisoen te kon produseer.

Hoewel dit goed gereën het in dele van die oostelike produksiegebiede waar somergraanboere reeds begin plant het, boere in die westelike produksiegebiede net een maand oor waarin dit baie goed sal moet reën om min of meer ‘n normale oes vir volgende jaar te produseer.

“Hierdie westelike gebiede produseer ongeveer 54% van die land se totale mielies, maar sowat 70% van die totale wit mielies.”

Met enkele uitsonderings, is die ontwikkeling van klein swartboere om as volwaardige kommersiële boere te ontwikkel ‘n groot mislukking weens die afwesigheid van behoorlike opleiding en ondersteuning deur die twee landboudepartemente, aldus Brink.

Bron: Extreme drought in southern Africa about to worsen, UN says

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.17
+0.0%
Silwer
20.80
+0.7%
Palladium
2,265.00
+0.1%
Platinum
928.00
+0.3%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot