
Plaaslike en internasionale ruiters en hul perde het vanoggend, Dinsdag, 1 Julie, vroeg die Vrystaatse koue aangedurf vir die jaarlikse perde-uithourit op Fauresmith. Dié uithourit duur tot Donderdag.
Me. Charmaine Nickisson, hoofbestuurder van die Uithourit-vereniging van Suid-Afrika (Erasa), koördineerder van die byeenkoms, sê 380 ruiters het vanoggend in verskillende groepe op die skouterrein op Fauresmith weggespring. Dinsdag en Woensdag sal ruiters daagliks 75 km aflê en Donderdag 50 km. Elke 23?km word ’n inspeksie deur ’n veearts op elke perd gedoen. Dit vind op sentrale punte op die roete plaas.
Benewens ses inskrywings uit Lesotho en vyf uit Namibië, is daar ook deelnemers uit Amerika, Tsjeggië en Brittanje.