AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Uitnemendheid in die landbou gevier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voor v.l.n.r.: Me Wadea Jappie, mnr. Jan le Roux en prof. Gareth Bath. Agter v.l.n.r.: Mnr. Achmad Brinkhuis, me Nerina le Roux en mnre Tawfeeq en Nabeel Brinkhuis
Foto: Alani Janeke
Voor v.l.n.r.: Me Wadea Jappie, mnr. Jan le Roux en prof. Gareth Bath. Agter v.l.n.r.: Mnr. Achmad Brinkhuis, me Nerina le Roux en mnre Tawfeeq en Nabeel Brinkhuis Foto: Alani Janeke
Mnr. Jan le Roux van die Le Roux-groep is vanaand as die Landbouskrywers Suid-Afrika se 2021 Boer van die Jaar aangewys.

Die Landbouskrywers Suid-Afrika se 2021 Boer van die Jaar is mnr. Jan le Roux van die Le Roux-groep. Hy is vanaand tydens ’n glansgeleentheid by die Cavalli-landgoed in Somerset-Wes met dié toekenning vereer.

Tydens die geleentheid is die welbekende prof. Gareth Bath, van die Universiteit van Pretoria, as die Landboukundige van die Jaar aangewys, terwyl die Chamomile-boerdery van Philippi naby Kaapstad die toekenning as die Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou ontvang het.

Die Le Roux-groep besit die grootste enkele tafeldruifeenheid, altesaam 552 ha, in die Suidelike Halfrond. Die eenheid, geleë op die plaas Broodkraal in die distrik Piketberg, het sy eie klein dorpie, vier pakskure en ’n dam van 9 miljoen kubieke meter. Die 552 ha is alles onder skadunet. Die groep boer ook op die plase Mooikelder in die distrik Paarl en Sandrivier in die distrik Wellington. Hy verbou tafeldruiwe op altesaam 654 ha, en pruime en nektariens op 192 ha.

Die groep se eie uitvoermaatskappy, Le Roux Fruit Exporters, voer jaarliks meer as 3,2 miljoen kartonhouers tafeldruiwe, nektariens en pruime na verskeie markte in die Europese Unie, Brittanje, Amerika en die Verre en Midde-Ooste uit. Die boerdery verskaf werk aan 6 200 werkers. Sedert 2004 besit die werkers 32% van die aandele in Broodkraal deur hul werkerstrust.

Le Roux het hom ná skool as rekenmeester bekwaam. Hy het hom by Pepkor aangesluit waar hy gevorder het tot besturende direkteur van dié maatskappy. Hy bou sedert 1994 aan sy boerdery, en was gedurende sy loopbaan lid van verskeie komitees en rade waar hy ’n belangrike rol gespeel het in die deregulering van die landboubedryf. Hy het ook verskeie rolle vervul met die stigting van verenigings en bemarkingsforums om orde in buitelandse bemarking te skep en vrugteprodusente te beskerm.

Internasionaal erken

Landbou.com het verlede jaar oor Bath verslag gedoen toe hy, die voorsitter van die koördineringskomitee vir dieresorg en emeritus-professor aan die fakulteit veeartsenykunde van die Universiteit van Pretoria (UP), vereer is met die internasionale dierewelstandtoekenning van die wêreld- veeartsenykundige vereniging (WVA).

Hy het tydens sy loopbaan voortdurend bydraes tot veeartsenykunde gemaak deur onder meer sy werk by die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging. Hy het al as konsultant of raadgewer vir die Suid-Afrikaaanse Wolraad, die Nasionale Wolkwekersverenging, die Rooivleisprodusente-organisasie en die Rooivleisnavorsing-en-ontwikkelingstrust gewerk.

Luidens Landbou.com se vroeëre berig het Bath onder meer ’n aandeel gehad in die neerlegging van die korrekte metodes om Merino’s te kastreer, te merk en sterte af te sit. Dit sluit ’n verbod op die omstrede Mules-operasie in. Bath is ook bekend om sy leidende rol in die totstandkoming van kodes vir beste praktyk in veeboerdery.

Bath (75) werk sedert 1969 as veearts nadat hy aan die Universiteit van Pretoria afgestudeer het. Hy het internasionale erkenning gekry deur onder meer as die eerste voorsitter van die Internasionale Skaapveeartsvereniging te dien en is ’n stigterslid van die Europese Kollege van Kleinveespesialiste.

Hoogs suksesvol

Die Chamomile-boerdery van Philippi naby Kaapstad is ’n hoogs suksesvolle bemagtigingsprojek. Die eienaars van die boerdery is mnr. Agmat Brinkhuis en sy vrou, Wadea Jappie. Hul seuns, Tawfeeq en Nabeel, is ook by die boerdery betrokke.

Agmat was in 2017-’18 die eerste swart voorsitter van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging.

Wadea is in 2006, 2009 en 2010 as die Wes-Kaapse departement van landbou se Vroueboer van die Jaar aangewys, terwyl Tawfeeq in 2019 bekroon is as die top-diereprodusent in die provinsie.

Chamomile het in 2003 begin met een bestuurder, een heeltydse werker en drie seisoenale werkers. Vandag is daar 48 werkers.

Die boerdery het in 2003 begin om rissies en koljander aan Freshmark te lewer. In 2019 het die boerdery groente van meer as R1,5 miljoen op 12 ha geproduseer en aan Freshmark gelewer. Hulle verbou kool, wortels, rape, seldery, radyse, koljander, preie en ander gewasse.

In 2003 het Agmat en Wadea vyf lêhoenders op ’n skou gekoop om in hul gesin se daaglikse eierbehoeftes te voorsien. Hul hoenderboerdery het van 12 000 lêhenne in 2015 tot 60 000 lêhenne gegroei. Die boerdery het reeds goedkeuring van Nulaid om uit te brei tot 300 000 lêhenne, wat 730 000 dosyn eiers per maand kan lewer.

Landbouweekblad palm pryse in

Landbouskrywerslede is tydens dieselfde geleentheid ook vereer vir hulle werk met verskeie kompetisies wat vir die lede aangebied word. Landbouweekblad se Willem van der Berg is aangewys as die Fotograaf van die Jaar in die Landbouskrywers SA en BKB se fotokompetisie. Van der Berg het ook met sy een foto van die droogte in die Boesmanland die prys vir Foto van die Jaar in dié kompetisie gewen. 

foto van die jaar
“Die donderweer staan nader” – die foto van die jaar wat Willem van der Berg geneem het. 'n Kort beskrywing daarby: Dit het agt jaar gelede op die plaas Flamingovlei in die Bo-Karoo gereën. Dawid le Roux vryf sand uit sy oë - as dit só lank só gaan, het jy nie meer trane nie. “Dis orraait. Dis orraait,” sê hy sag vir sy skape. “Dit is 8 jaar nader aan die mooi jare.” — Landbouweekblad, 28 Januarie 2021

Van der Berg is ook vroeër die week aangewys as die beste fotograaf vir die Vrystaat, Limpopo, Noordwes en Noord-Kaapse afdeling van die Vodacom Joernalis van die Jaar-kompetisie vir die foto’s wat saam met sy artikel “3 000 dae se droogte” gepubliseer is. Die wenfoto vir die BKB-kompetisie is saam met die artikel geplaas. 

Landbouweekblad se Charl van Rooyen het nie net een nie, maar twéé pryse in die jaarlikse Bayer tegniese artikel kompetisie gewen. Hy is as die algehele wenner van die kompetisie aangewys, en hy het ook die derde plek in dié kompetisie gewen met sy tegniese artikels wat hy ingeskryf het. Het het onder meer R15 000 prysgeld sowel as 'n besoek aan die Internasionale Federasie vir Landboujoernaliste se jaarlikse kongres gewen. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.80
-1.0%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.48
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,712.82
-0.8%
Silwer
20.29
-3.7%
Palladium
2,262.31
-2.6%
Platinum
921.88
-1.2%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,692
-0.9%
Hulpbronne 10
63,603
-1.5%
Industriële 25
79,538
-0.7%
Finansiële 15
13,965
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot