AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Uitspraak oor grond by Salem skok

Die Salem-gemeenskap kan grond eis wat al 194 jaar aan afstammelinge van Britse Setlaars in die Oos-Kaap behoort.

Regskenners meen die weg is gebaan vir ’n reeks eise van die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal vir enigeen wat hulself as Xhosa bestempel en wat wil beweer dat hulle inheemse grondregte tot die gebied gehad het.

Dít volg op ’n uitspraak in die Grondeisehof in Grahamstad in ’n geding tussen 18 grondeienaars en die grondeisgemeenskap van Salem, waarin daar ten gunste van die gemeenskap beslis is.

In die hofgeding, wat reeds langer as twee jaar duur en 13 weke in die hof aangehoor is, het die eisers daarop aanspraak gemaak dat hulle inheemse eienaarskap van die Salem-meent gehad het voordat die 1820-setlaars daar aangekom het.

Hulle het ook aangevoer dat hoewel die Britse koloniale magte die Xhosas verslaan en tot aan die oostekant van die Groot Visrivier teruggedryf het, hulle inheemse regte tot die grondgebied steeds van krag gebly het – al het hulle die gebied verlaat.

Grondeienaars ontken

Die beweringe is heftig deur die grondeienaars ontken. Volgens hulle word die grond reeds sedert 1820 deur afstammelinge van Britse Setlaars bewoon en bewerk. Die Setlaars het aanvank lik eers erfpagregte en sedert die 1840’s vrye eiendomsregte en geldige titelaktes tot die grond verkry.

Waarnemende regter Cassim Sardiwalla het nogtans in sy uitspraak van 64 bladsye die eisers gelyk gegee dat hulle tot uitsluiting van die grondeienaars nou aanspraak kan maak op eiendomsreg op die grondgebied van nagenoeg 4 500 ha sowat 20 km van Grahamstad. Die grond behoort al 194 jaar lank wettiglik aan die Setlaars.

Inheemse regte

Mnr. Bertus van der Merwe, prokureur van Cox en Vennote wat die grondeienaars verteenwoordig, sê die gevolg van die uitspraak kan wees dat talle mense wat beweer dat hulle afstammelinge van die “Xhosa” is, nou sal probeer aanspraak maak op soortgelyke inheemse regte tot die “Zuurveld” en selfs ander dele van die Oos-Kaap.

Van der Merwe het aan Landbouweekblad gesê die uitspraak is ’n groot skok vir die grondeienaars.

“Met die nodige eerbied en respek teenoor die hof as instelling, is ons regspan van oordeel dat daar gefouteer is met die uitspraak. Ons het derhalwe ons kliënte aangeraai om appèl teen die bevinding by die Appèlhof in Bloemfontein aan te teken.

* Lees volledige berig in Landbouweekblad van 16 Mei 2014.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot