AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Uitvoer dalk binne 3 maande herstel

’n Span kundiges van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, ondersoek tans die beweerde uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal.

’n Span kundiges van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, ondersoek tans die beweerde uitbreking van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal. Buffels uit Mosambiek wat die grens oorgesteek het, het moontlik die siekte na bokke en beeste versprei.

Die departement hou die situasie reeds sedert middel Februarie in bedwang. Die uitvoer van alle diere met gesplete hoewe en hul produkte is gevolglik opgeskort. Dit beteken dat die land tydelik sy status as vry van bek-en-klouseer verloor het.

Beheergebiede uitgewys

Produkte wat ten volle verwerk is, mag egter uitgevoer word. Die Ingwavuma-gebied, noord van die St. Lucia-vleilandpark en omstreke, die Mkuze-wildreservaat en die gebied oos van die Pongola-natuurreservaat is tot beheergebiede vir die siekte verklaar.

Dr. Botlhe Modisane, tegniese woordvoerder oor bek-en-klouseer by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan Landbouweekblad gesê positiewe serologiese toetsresultate is met roetine-waarneming opgemerk, maar geen kliniese simptome is sover gesien nie.

Helfte positief getoets

Van die sowat 600 diere wat getoets is, het 50% positief getoets. Verdere ondersoeke word nou deur kundiges gedoen. Hy het gesê die buffels het moontlik uit die Kruger-wildtuin na Mosambiek ontsnap en suidwaarts gemigreer.

Hy het die versekering gegee dat dit nog nie ’n klassieke uitbreking is nie en dat nog nie daaraan gedink word om diere te slag nie. Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het benadruk dat die situasie onder beheer is. Al die nodige maatreëls is ingestel en boere hoef nie paniekbevange te wees nie.

Die Regering beoog om die opgeskorte uitvoersituasie binne drie maande om te keer. “Ons sal intensiewe ondersoeke doen. Nog voor ons handelsvennote ’n verbod op ons vleis kon plaas, het ons self ons uitvoer gestaak.” Sy het aangedui dat ondersoeke tot die noorde van KwaZulu-Natal beperk is omdat uitbrekings in ander gebiede nog nie waargeneem is nie.

1 Maart 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.4%
Rand - Pond
21.02
-0.6%
Rand - Euro
18.76
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.11
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.08
+0.2%
Silwer
23.46
-0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,798
+0.2%
Alle aandele
79,996
+0.2%
Hulpbronne 10
74,959
+0.4%
Industriële 25
102,928
+0.3%
Finansiële 15
16,511
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot