AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Uitvoer kan verbruikers teen hoë vleispryse beskerm

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Verbruikers en voedselprodusente gaan saam onder kostedruk gebuk. Volgens Beefmaster is uitvoer ’n manier om te voorkom dat hoë vleispryse die verbruiker se sak verder ruk.

Plaaslike beesvleisprodusente en die landbousektor oor die algemeen het die afgelope twee jaar aansienlike insetkostedruk regdeur die waardeketting ervaar, sê mnr. Louw van Reenen, uitvoerende hoof van die Beefmaster-groep. Die groep sal daarom volgende jaar daarop konsentreer om buitensporige pryse vir beesvleis te beperk.

“Die aanhoudende opwaartse kostedruk vereis innovasie en ’n nuwe manier om kapitaal toe te wys en te gebruik om doeltreffendheid in ’n besigheid te verbeter. Die afwesigheid van sulke inisiatiewe kan die volhoubaarheid van landboubesigheid vir die toekomstige generasies verswak.”

Aangesien pryse van sommige kommoditeite en ander insette met meer as 30% gestyg het, is daar volgens hom meer druk op Beefmaster se winsmarges, want dié ekstra koste word nie noodwendig na hul kliënte oorgedra nie. “Dit verg ’n fyn balans tussen ons eksterne pryse en interne produksiekapasiteit,” sê Van Reenen. “Volgende jaar sal waarskynlik ’n moeilike een wees wat sake betref, as ons die huidige bedreigings in ag neem.”

Beurtkrag, konflik

Hy sê veral verhoogde kragkoste weens onder meer beurtkrag wat die maatskappy se netto wins onder druk plaas, die voortslepende konflik in Europa en gevolglike onderbrekings in verskaffing op ’n internasionale vlak, asook swak dienslewering en infrastruktuur maak dit baie moeilik om sake in Suid-Afrika te doen.

“Byvoorbeeld, die koste van mielies en fossielbrandstowwe druk produksiekoste tot vlakke wat baie versigtige beplanning vereis om voldoende marges en kontantbronne te handhaaf om werksgeleenthede te beskerm, groei te stimuleer en kapitaal te werf.”

Volgens hom sal die klem volgende jaar daarop wees om bekostigbare beesvleis doeltreffend te produseer en die wisselkoers tot die besigheid se voordeel in te span. “Ons kan nie stygings in insetkoste beheer nie, maar een stelarm waaraan ons kan trek, is uitvoer.” Van Reenen voorspel dat die swakker rand volgende jaar gunstig tot die maatskappy se verdienste sal bydra.

Nuwe uitvoermarkte sal ook nuwe geleenthede skep vir beesvleis wat nie deur die plaaslike mark opgeneem kan word nie. “Hierdie uitvoerooreenkomste sal waarskynlik daartoe lei dat die beesvleisbedryf eerder op werksekerheid konsentreer as om meer mense in diens te neem.”

Biosekerheidskwessies soos bek-en-klouseer en siektebestuur oor die algemeen is volgens hom steeds ’n bedreiging vir die beesvleisbedryf se winsgewendheid. “Dit is nog te vroeg om te sê wat die siekte die bedryf sal kos. Ons sal teen die einde van volgende jaar se eerste kwartaal ’n beter prentjie van bek-en-klouseer se ware impak hê.”

Baie van die diere wat nou teen bek-en-klouseer ingeënt is, sal einde Maart volgende jaar bemark kan word. “Daar sal dus ’n gaping wees omdat te min diere verhandel kan word. Voerkrale sal dan na verwagting relatief leeg wees. Ons weet nie wat hierdie gaping se impak op besigheid sal wees nie.”

Raad

Sy raad aan belanghebbers in die bedryf is om ten spyte van die teenspoed wat die bedryf tans ondervind, hul oog op die langertemynplan te hou.

“Daar sal jare soos vanjaar wees waar koste styg. Koste van logistiek, vervoer, verskeping en bemesting het vanjaar gestyg. Die landbou het ’n moeilike jaar gehad. Boere wat deur bek-en-klouseer geraak is, het met afgekapte hande gesit. Baie moes geld leen om te oorleef. Ons kan nie verwag dat die regering wonderwerke moet verrig nie. As ons dinge wil verander, sal ons dit saam moet doen.

“Ons filosofie was nog altyd om die geleenthede gedurende moeilike tye te vind – nou meer as ooit tevore. Volgende jaar se kwessie sal wees om normale besigheid in abnormale omstandighede te doen.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot