AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Uitvoer van landbouprodukte daal

Verlede jaar het Suid-Afrika se uitvoer van landbouprodukte vir die eerste keer in ’n dekade ’n daling getoon.

Die daling van 1,2% in Suid-Afrika se landbou-uitvoer, wat deur die landbousakekamer Agbiz aan die droogte toegeskryf word, was van R106 miljard in 2014 tot R104 miljard verlede jaar.

Agbiz sê in ’n verslag Afrika bly Suid-Afrika se grootste mark vir landbouprodukte (45%), gevolg deur die Europese Unie (27%), Asië (12%), die Midde-Ooste (7%) en die Amerikas sowel as die res van die wêreld 5% elk.

Mnr. Wandile Sihlobo, Agbiz se hoof van ekonomiese- en landboubesigheidsinligting, sê as dit nie vir die droogte was nie kon dit aansienlik beter gegaan het. “Die swak rand het gunstige omstandighede vir uitvoer geskep al was die vraag in sommige dele soos Asië bietjie traag.”

Die skerpste daling was juis in Asië, waar die uitvoerinkomste met 15% van R14,4 miljard in 2014 tot R12,2 miljard) gedaal het. “Dit is veral veroorsaak deur ’n afname in die uitvoer van graan (veral mielies) wat van R2,8 miljard in 2014 tot net R380 miljoen in 2015 afgeneem het, sowel as ’n afname in die uitvoer van skaaldiere, bevrore vis en suiker.”

Al bly Afrika Suid-Afrika se belangrikste mark vir landbouprodukte het uitvoere se waarde met 3,5% gedaal van R49 miljard tot R47 miljard. Dit kan veral toegeskryf word aan ’n 43%-daling in die uitvoer van suiker en soetgebak, 20%-daling in graanuitvoere en 10%-daling in suiwelprodukte, eiers en heuning.

In teenstelling met die afnames, het die uitvoer van landbouprodukte na die Midde-Ooste met met 8,8% toegeneem van R6,3 miljard na R6,9 miljard. Altessaam 57% van die uitvoerprodukte was vrugte en neute. Die uitvoerinkomste uit beesvleis het meer as verdubbel van R300 miljoen tot R650 miljoen.

Ook in Europa, waar vrugte 60% van die uitvoer verteenwoordig en wyn 20%, het die mark met 8,3% verstewig van R26,2 miljard tot R28,3 miljard. Die uitvoerinkomste van tafeldruiwe het toegeneem van R3,9 miljard tot R5,5 miljard en dié van lemoene van R2,2 miljard tot R2,7 miljard.

Bykans 50% van Suid-Afrika se uitvoerprodukte na die Amerikas is ook vrugte. Wyn is ’n verdere 24%. Die totale uitvoere daarheen het 2% van R5 miljard na R4,9 miljard gedaal. “Hoewel daar nog nie syfers vir 2016 beskikbaar is nie, sal die prentjie hierdie jaar waarskynlik aansienlik meer negatief wees. Die negatiewe invloed van die droogte is hierdie jaar baie sterker en veral die afname in die uitvoer van graan sal ’n groot rol speel,” meen Sihlobo.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.91
-0.8%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,710.00
-0.4%
Silwer
20.41
-1.1%
Palladium
2,283.14
+1.1%
Platinum
920.50
-0.2%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,506
+0.5%
Alle aandele
65,911
+0.5%
Hulpbronne 10
63,387
-0.5%
Industriële 25
80,145
+1.1%
Finansiële 15
14,013
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe geniet
Waardeur opregtheid en eerlikheid. Hou van fietsry, stap, natuur, kamp en iemand wat dit wil deel ,nie noodwendig alles nie. Geniet netjiese tuin en tuis. Ek hou van mense wat...
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot