AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
9998,4
-117,60
CORN
20 Mrt
-
4457,6
-43,40
SOYA
20 Mrt
-
8505
-103,00
SUNS
20 Mrt
-
9390
-248,00
WEAT
20 Mrt
-
6630
-41,00
WMAZ
20 Mrt
-
3950
-38,00
YMAZ
20 Mrt
-
4156
-27,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
0,00
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
0,00
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,00
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
0,00
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
0,00
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
0,00
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
0,00
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,00
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
0,00
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
0,00
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,00
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
0,00
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,00
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
0,00
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
0,00
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
0,00
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,00
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
0,00
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,00
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,00
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
0,00
Deel

Uitvoer vanaf Maputo-hawe ’n ligpunt vir sitrusbedryf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Sitruskwekers word aangemoedig om Maputo-hawe, waar verskeie opknappingsprojekte tans onderneem word, vir hul uitvoer te oorweeg.

Mnr. Mitchell Brooke, logistieke bestuurder van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (SKV), het dié hawe onlangs besoek. Volgens hom is die hawe se vrugteterminaal baie netjies en goed toegerus. DP World Maputo, die Dubaise logistiek-onderneming wat die hawe se vraghouerterminaal bestuur, konsentreer volgens Brooke op infrastruktuur vir verkoelde vraghouers.

Verskeie opknappingsprojekte word by die hawe onderneem, veral die opknapping van die kaaimure, oppervlakke en paaie. Brooke sê al dié projekte word gesteun deur ’n ernstige sekerheidsmag. “Die verblydendste aspek is dat verkoelde vraghouers van DP World beskikbaar gestel en ’n paar honderd meter verder by die vrugteterminaal gelaai word. Die vraghouers word dan weer na DP World geneem waar dit koel gehou word en gereed is vir verskeping.

“Verlede jaar is 10 685 vraghouers sitrusvrugte na die Midde-Ooste, Verre Ooste en Bangladesj vanaf Durban verskeep. Belanghebbendes het ’n stewige belegging in en verbintenis tot die uitvoer van sitrusvrugte vanaf Maputo vir vanjaar gemaak. Produsente word aangemoedig om hierdie opsie te oorweeg ten einde die toekomstige volhoubaarheid van die streek se uitvoer te verseker – veral aangesien daar toenemende druk op die logistieke ketting is.”

Tot dusver vanjaar is 78 miljoen kartonhouers (15 kg) sitrusvrugte verpak, vergeleke met 80,7 miljoen op die ooreenstemmende tydstip verlede jaar. Hiervan is 65,9 miljoen verskeep, vergeleke met 64,4 miljoen op die ooreenstemmende tydstip verlede jaar.

Sitrusreël plaas pryse onder druk

Terwyl ’n funksionele hawe ’n ligpunt vir die plaaslike sitrusbedryf is, word verwag dat pryse vir Suid-Afrikaanse lemoene onder druk kan kom. Weens die nuwe sitrusreël van die Europese Unie (EU) word vragte wat vir die EU bestem was, na die Midde-Ooste herlei, berig Tridge.com. Produsente verwag ook groot volumes lemoene namate laat kultivars beskikbaar word, wat verdere druk op pryse kan plaas.

Die plaaslike sitrusbedryf baklei reeds maande teen die nuwe reël, ingevolge waarvan Suid-Afrikaanse lemoene kouesterilisasie moet ondergaan voor dit na die EU verskeep word. Die reël is op 21 Junie afgekondig en het op 24 Junie in werking getree. Lemoene is van die reël vrygestel mits hulle voor 14 Julie in Europa aangekom het.

Luidens ’n verklaring deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling was Suid-Afrika nog in tegniese gesprekke oor die voorgestelde regulasie met die Europese kommissie se staande komitee vir plante, diereprodukte, voedsel en voer betrokke toe die reël skielik afgekondig is.

“Suid-Afrika erken die gesag van die Europese kommissie en verstaan dat die kommissie fitosanitêre maatreëls moet volg om die gesondheid van sy plante en omgewing te beskerm. Ons beskou egter die huidige toepassing van die nuwe reël as nie net ’n beperking op handel nie, maar ook tegnies ongeregverdig.”

Luidens die verklaring het die departement oor verskeie aspekte van die nuwe reël met die kommissie in gesprek getree, onder meer dat die reël erken dat Suid-Afrika reeds ’n versterkte stelselmatige benadering tot geïntegreerde risikobestuur van plae neem om valskodlingsmot te bestuur.

“Die toepassing van hierdie reël bevraagteken ook die regverdigheid van en redes vir die instelling van belemmerende logistieke en infrastruktuurvereistes wat die voorverkoeling van Suid-Afrikaanse sitrusvrugte in die middel van uitvoerseisoen betref. Planne vir hierdie uitvoer word lank voor die begin van die seisoen afgehandel. Die Europese kommissie is herhaaldelik deeglik daarvan bewus gemaak.”

Verder meen die departement dat die sperdatum waarvolgens Suid-Afrikaanse sitrusuitvoer aan die nuwe vereistes moes voldoen, nie met deursigtigheid gepaardgegaan het nie en die bedryf ’n beperkte hoeveelheid tyd gee om aan die nuwe reël te voldoen.

“Suid-Afrika meen dat die nuwe reël buite die bestek van ’n krisismaatreël val en daarom moet maatreëls wat die kleinste beperking moontlik op die internasionale beweging van Suid-Afrikaanse sitrusvrugte sou plaas, ondersoek word.

“Suid-Afrika is steeds met die Europese kommissie in gesprek oor die nuwe reël en bly optimisties oor die oorweging van ander opsies en die vind van oplossings wat veilige handel sal verseker, terwyl dit ’n minimale impak op handel het.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
-0.6%
Rand - Pond
22.74
-1.6%
Rand - Euro
19.86
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.44
-1.2%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Platinum
988.38
+2.1%
Palladium
1,411.23
-0.0%
Goud
1,978.75
-0.5%
Silwer
22.54
-0.3%
Brent-ruolie
72.97
-2.4%
Top-40
68,799
+2.6%
Alle aandele
74,271
+2.4%
Hulpbronne 10
65,660
+4.2%
Industriële 25
99,818
+2.8%
Finansiële 15
15,066
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot