AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Uitvoer wink vir SA rooivleis – Bradfield

Plaaslike rooivleissnitte van hoë gehalte kan werklik ? groot leemte op die internasionale mark vul, meen dr. Michael Bradfield.

Suid-Afrikaanse rooivleis staan aan die vooraand van ’n omwenteling wat verreikende gevolge vir dié bedryf inhou.

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suider-Afrika, het op ’n werkswinkel van die Rooivleisbedryfsforum in Pretoria gesê geweldige geleenthede bestaan vir die rooivleisbedryf om hoë-gehalte snitte uit te voer.

“Op internasionale vlak is ’n groot leemte vir hoë-gehalte snitte en Suid-Afrika is in die posisie om dit te doen. Dit sal egter ’n gesamentlike poging van die hele bedryf verg om plaaslike rooivleis suksesvol as rolspeler in die internasionale mark te vestig,” het hy gesê.

Faktore wat aandag kort

Bradfield sê van die mees belangrike kwessies wat aandag moet kry alvorens Suid-Afrika as uitvoerder in die internasionale mark betrokke kan raak, is biosekuriteit, naspeurbaarheid en ’n verandering in die manier waarop rooivleis gegradeer word. “Die dieregesondheidstatus van plaaslike rooivleis is in ’n kritieke toestand en dit moet, tesame met naspeurbaarheid, opgegradeer word,” het hy gesê.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op die werkswinkel gesê die sukses van die veebedryf, soos gesien as bydrae tot die BBP, kan grootliks toegeskryf word aan die kommersialisering en intensifisering van die bedryf om omset en wins te verhoog. “Hierdie stelsels is vergelykbaar met van die beste ter wêreld,” het hy bygevoeg.

Sal Regering se hulp benodig

Zokwana het gesê dat dit beklemtoon dat al die rolspelers binne die rooivleisbedryf die Regering se hulp nodig sal hê om in die globale omgewing mededingend te wees. “Deur ontwikkelde lande as model te gebruik, kan die Regering en die private sektor saam doelwitte opstel om mededingendheid te verbeter en produksie te bevorder,” het hy gesê.

Met verwysing na Suid-Afrika as internasionale rolspeler in rooivleisproduksie het die minister gesê plaaslike, sowel as relevante wêreldkwessies, moet in ag geneem word. “Afgesien van produksie is dieregesondheid een van hierdie kwessies wat groot aandag moet geniet, veral waar dit potensiële kopers betref. Daar sal dus stappe geneem moet word om te verseker dat Suid-Afrika se dieregesondheidstatus op ’n hoë standaard bly,” het hy gesê.

Globale uitvoerder van rooivleis

Mnr. Don Heatley, voormalige voorsitter van Meat and Livestock Australia, het met Bradfield saamgestem en gesê dit verg ’n geweldige hoeveelheid dissipline om ’n globale uitvoerder van rooivleis te word, en nog meer dissipline om een te bly.

“Suid-Afrika sal daarop moet fokus om sy eie storie te vertel as deel van sy bemarkingsplan, maar meer nog, om te verseker dat die gehalte van plaaslike rooivleis elke keer gewaarborg kan word.”

Heatley het benadruk dat die grootste fokus op die verbruiker moet wees. “Die verbruiker is die bron waaruit die rooivleisbedryf sy waarde put. Daarom moet die verbruiker die heel tyd in die bedryf se gedagtes wees,” het hy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.13
+0.2%
Rand - Pond
22.34
+0.3%
Rand - Euro
19.65
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.8%
Rand - Jen
0.14
+1.5%
Platinum
962.64
+0.3%
Palladium
1,432.83
+1.1%
Goud
1,964.11
-0.5%
Silwer
23.24
-0.4%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,784
+0.5%
Alle aandele
76,373
+0.4%
Hulpbronne 10
66,544
+0.1%
Industriële 25
103,246
+0.9%
Finansiële 15
15,587
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Everyday is a good day
Mmmm hou van braai kamp dans en some net rustig te wees, ek is baie lief vir diere. Vra as jy iets wil weet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot