AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Unieke projek vir boerontwikkeling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Brand Republic
Foto: Brand Republic
Agri SA kan spog met ’n uitsonderlike opleidingsprogram vir nuwe boere.

Agri SA het bekend gemaak dat gidsprogram vir die ontwikkeling van 751 nuwe veeboere, bekend as Farming for Tomorrow, pas suksesvol voltooi is. Die projek word beskryf as die mees omvattende benadering vir boerontwikkeling in die landbousektor tot nou toe.

Die projek was ’n spanpoging deur Agri SA se ontwikkelingsfiliaal, Agri Enterprises, die staat se landbou-opleidingsagentskap, AgriSeta, en die internasionale landbou-akademie vir Afrika, bekend as I3A, wat die opleiding behartig het. Dit het die opleiding en vestiging van nuwe boere in die bees-, skaap- en bokbedryf behels.

Benewens tegniese vaardighede is gekonsentreer op leierskap, bestuursvaardighede en entrepreneurskap wat onder meer sakebeplanning, die identifikasie van sakegeleenthede, marktoegang en begrip vir maatskappystrukture ingesluit het. Saam met die opleiding is omvattende navorsing gedoen oor die boerderye wat betrokke is, en daar is ’n volledige databasis opgebou oor die deelnemende boere.

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri Enterprises, het op ’n nuuskonferensie in Pretoria gesê die waarde van die drie bedrywe word op R30 miljard geraam. Deur die projek is swart boere bemagtig om ’n groter rol in landelike ekonomieë te speel.

Hy het gesê die drie bedrywe behels sowat 45 miljoen stuks vee. Die gemiddelde inkomste van ’n kleinskaalse boer is sowat R3 000 per maand. “As ons aanvaar dat die helfte van hierdie vee aan kleinboere behoort en ons kan deur ons pogings die omset tot R6 000 per maand vir 2 miljoen kleinboere verhoog, kan dit ’n aansienlike ekonomiese verskil maak.”

Hy wys daarop dat daar 52 maatskappye met 766 aandeelhouers vir hierdie nuwe opgeleide boere geskep is, wat die boerderybedrywighede vorentoe moet bestuur. “Ons wil hierdie gidsprojek nou oor en oor herhaal in ander kommoditeitsgroepe. Die tyd vir net praat, is verby. Die konsep moet nou verder gevoer word, maar alles begin en eindig by die landbouwaardekettings en hul betrokkenheid is van deurslaggewende belang.”

Agri Enterprises
Van links is mnre. Johann Stassen, besturende direkteur van I3A, Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri Enterprises, dr. Innocent Sirovha, uitvoerende hoof van AgriSeta, en mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, elk met ’n kopie van die navorsingsverslag. Foto: Nico van Burick

Dr. Innocent Sirovha, uitvoerende hoof van AgriSeta, sê hulle was opgewonde om saam met Agri SA by die projek betrokke te raak. “AgriSeta het R15 miljoen daarvoor bewillig en waar aanvanklik verwag is dat dit drie jaar sou duur om die opleiding af te handel, is dit op die ou einde binne twee jaar gedoen. Agri Enterprises verdien lof hiervoor.”

Hy het gesê alles eindig egter nie met die opleiding nie. Die nuwe boere is in hul 52 maatskappye georganiseer en kan nou om verdere finansiering by AgriSeta aansoek doen. “Saam met Agri Enterprises sal ons ook monitor hoe hulle vorder en wat hul bydrae tot die landbou-ekonomie is.”

Meer as 750 boere

Die landbou-akademie, I3A, wat die opleiding behartig het, was oor vier dekades al by die opleiding van sowat 50 000 boere betrokke. Mnr. Johann Stassen, besturende direkteur, sê daar is vir die projek gekonsentreer op die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en dele van Noordwes. Die aanvanklike mikpunt was om 720 boere op te lei, maar dit toegeneem tot 751. Hulle het ingesluit 253 boere in die skaap-, 241 in die bees- en 257 in die bokbedryf.

Hy het gesê hul navorsingsresultate het getoon dat hierdie kleinboere in landelike gebiede geen finansiële of ander rekords byhou nie. Meer as 80% het geen toegang tot finansiering nie, waarskynlik omdat daar geen rekords bygehou word nie. Die meeste boer ook op kommunale grond en daar is ’n dringende noodsaaklikheid vir titelaktes om te kan vorder tot kommersiële status. Verder het net 70% toegang tot markte “en dit is ook skrikwekkend”.

Omdat 80% toegang tot WhatsApp en Facebook het, is 34 gespreksgroepe gestig waardeur inligting oorgedra kan word.

Mnr. Sulaiman Patel, Agri Enterprises se hoof van landelike ontwikkeling, sê die mikpunt is om binne die volgende twee jaar ’n verdere 1 200 nuwe boere op te lei. “Dit sal net moontlik wees met die regte kombinasie van finansiering, verskaffers van opleiding en die betrokkenheid van landboubesighede. Ons gaan alles moontlik doen om ons doelwitte te bereik.”

Hy het beklemtoon dat hierdie eerste poging ’n gidsprojek was en dat hul werkswyse nou deeglik bestudeer en ontleed word om te kyk hoe daarop verbeter kan word.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot