AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Unieke weer-opies betaal uit ná erge hitte

Weer-opsies werk! Dis ‘n redelike denkskuif weg van tradisionele versekering, maar dit werk!

Promosie-artikel:

Met die loodsing van WeatherInDe in 2016 het heelwat mense met baie skeptiese optimisme na dié nuwe weer-opsies gekyk, sê mnr. Hans Smit van WeatherInDe.

“Die hele konsep van weerrisiko-verskansing deur middel van meting van reënval en temperatuur is ‘n redelike denkskuif weg van tradisionele versekering en hoewel baie die nut en die gebruik van die weer -psies ingesien het, wou almal eers wag om te sien of dit werk.

“Na afloop van ons eerste siklus van opsies kan ons met sekerheid sê: Dit werk! Ons het verskeie opsies aan die einde van 2016 verkoop en na afloop van die opsies het ons nou al reeds ons eerste uitbetalings gemaak.”

Twee soorte weer-opsies

Smit sê die afgelope seisoen het hul kliënte hoofsaaklik twee soorte weer-opsies gebruik om hulself teen ekstreme weer te verskans. Die eerste opsie was reënval-opsies vir die voorseisoen. Hierdie opsies se doel was om uit te betaal indien dit nie genoeg sou reën voor die optimale planttyd nie. Indien dit nie genoeg gereën het nie, sou die opsie uitbetaal het en die kliënt sou dan die lande laat oorlê het tot die volgende seisoen om sodoende die risiko beperk van laat-aanplantings.

“Ná al die wonderlike reën oor die laaste paar maande het ons kliënte genoeg reën ontvang en die opsies het dus waardeloos verval soos ‘n gewone opsie op die kommoditeitebeurs (Safex)."

Smit sê die ander opsie waarteen kliënte hulself verskans het, was deur maksimum temperatuur opsies te koop vir November en Desember. Met die ekstreme temperature van die laaste tyd het boere besef dat al reën dit genoeg, gaan hulle steeds groot blootstelling hê weens ekstreme temperature.

Beskerming teen ekstreme hitte

“Die spesifieke kontrak wat uitbetaal het, was gekoop om die kliënt teen ekstreme hitte te beskerm in November en Desember. Die drumpel-temperatuur by die spesifieke weerstasie is gekies as 37°C. Die kliënt was bereid om 12 dae wat die temperatuur 37°C of meer bereik, op eie risiko te neem, en daarna ‘n uitbetaling te ontvang vir elke dag daarna wat die temperatuur tot bo 37°C styg.

“Die einde van 2016 was baie warm in Noordwes en die kwik het 37°C altesaam 22 keer oorskry. Die kliënt het dus 'n uitbetaling ontvang vir 10 dae. Hy het sommer ‘n lekker kontant-inspuiting in die middel van Januarie 2017 ontvang ter waarde van ongeveer dubbel die opsie-premie wat oorspronklik betaal is – hierdie uitbetaling kon dus die impak van die ontsettende warm somer ietwat versag.”

Vinnige uitbetaling

Siende dat die opsie gekoppel was aan ‘n temperatuur-lesing en nie aan skade (wat eers werklik bewys moet word) nie, kon uitbetaling vinnig na die afloop van die kontrak geskied, sê Smit.

“Met die wisselvallige reënval en ekstreme temperature is dit nou ‘n baie goeie tyd om te kyk na verskansing gedurende die blomtydperk van mielies in die westelike gedeeltes van die land. Onthou dat die kontrak vir ‘n weer-opsie en betaling van die premie drie weke voor die intree-datum afgehandel moet wees.”

Vir meer inligting oor die samestelling en gebruik van weer-opsies, besoek www.weatherinde.net of stuur 'n e-pos na info@weatherinde.net

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
+0.8%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Lief vir die lewe
Baie lief vir die natuur, Hou van besig wees en om aktief te wees in sport. Neem fotos van die natuur, diere en alles wat vir my mooi is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot