Landbougemeenskappe in Namibië is bekommerd dat moontlike uraanontginning ’n baie belangrike waterbron vir verskeie gemeenskappe in die gedrang kan bring, nie net in Namibië nie, maar ook in Suid-Afrika en Botswana.
Eksplorasiebedrywighede vir uraan is tans onderweg in die gebied by Leonardville in die Omaheke-streek aan die noorde van die Stampriet-akwifer.
Die maatskappy Headspring Investments, ’n filiaal van Uranium One, die uraanvertakking van die Russiese staatsonderneming Rosatom, beoog boonop om ’n toetsontginningsaanleg naby Leonardville op te rig.