AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9367
11,00
CORN
30 Sep
-
4844
-20,00
SOYA
30 Sep
-
9460
68,00
SUNS
30 Sep
-
10161
-44,00
WEAT
30 Sep
-
7117,8
17,80
WMAZ
30 Sep
-
4889
-3,00
YMAZ
30 Sep
-
4855
4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Varsprodukte: Regulering kan voordele hê

Dié regulering gaan tot gevolg hê dat boere wat hul produkte gradeer, 'n moontlike premieprys kan verdien.

Die voorneme van die Departement van Landbou om alle varsprodukte voortaan aan dieselfde regulasies onderhewig te maak as waaraan die aartappelbedryf al die afgelope 23 jaar voldoen, het baie ongunstige reaksie gelok, maar wat gaan hierdie regulering behels?

Dié standaarde gaan deur Prokon gereguleer word en die koste van die diens sal grotendeels van boere verhaal word.

Volgens mnr. Etienne Booyens, uitvoerende hoof van Prokon, betaal aartappelboere tans minder as een sent per kilogram vir dié inspeksiediens. “Die kans is goed dat hierdie koste sal styg, omdat die koste tans gesubsidieer word deur ander inkomste wat Prokon verdien. Dit is egter onwaarskynlik dat hierdie koste met meer as 30% sal toeneem.”

Koste van inspeksie

Die koste van inspeksie van ander produkte vanaf 17 November word tans nog deur Prokon vasgestel en Booyens hoop dat hierdie koste teen einde September gepubliseer kan word. “Ons gaan poog om die kostestruktuur en die betalingsmeganisme so eenvoudig as moontlik te maak.”

Mnr. Deon van Zyl, besturende direkteur van RSA Markagente, sê hy “verwelkom die besluit, maar daar is natuurlik altyd voorwaardes. Vir die suksesvolle implementering moet die proses deursigtig wees, konsekwent tussen die verskillende markte en verskillende agente wees. Dus moet produkte wat by Tshwane afgradeer word, onder dieselfde inspeksiestandaard beoordeel word in Johannesburg. Die hele stelsel sal inmekaar val indien produkte van dieselfde boer afgradeer word by bv. RSA, maar nie afgradeer word by Botha Roodt nie."

Moet daagliks geskied

“Verder is dit noodsaaklik dat die proses op daaglikse basis geskied sodat vertroue geskep kan word by die produsent, koper en verbruiker.”

Van Zyl sê hy meen regulering gaan 'n gunstige uitwerking op die prys hê. Produsente met handelsmerk-trots sal die voordeel van die stelsel kan ontgin, deurdat kopers bereid sal wees om 'n premie te betaal vir produkte wat voldoen aan graderings- en verpakkingsvereistes. Produsente wat gradering en verpakking afskeep, sal gepenaliseer word, en dus gedwing word om te voldoen aan die regulasies ten einde 'n markverwante prys te behaal.

* 'n Volledige artikel oor die onderwerp volg in Landbouweekblad van 2 September.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.90
+0.3%
Rand - Pond
20.07
-0.6%
Rand - Euro
17.63
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,672.60
+0.7%
Silwer
19.15
+1.8%
Palladium
2,230.49
+1.1%
Platinum
879.74
+1.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,435
+0.9%
Alle aandele
63,741
+0.8%
Hulpbronne 10
60,781
+1.7%
Industriële 25
77,206
+0.6%
Finansiële 15
13,761
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot