AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'Vaste mieliepryse kon verliese keer'

Omdat baie mielieboere nagelaat het om hul pryse te verskans, het hulle inkomstegewys minstens 23% van hul bruto inkomste verbeur.

Mielieboere gaan hierdie seisoen waarskynlik miljoene rande verloor omdat hulle nie die beskikbare opsies en kontrakte oordeelkundig benut het om geskikte pryse vir hul oeste te verseker nie, het mnr. Jan van Zyl, FNB se hoof van landbou-inligting en -bemarking, gesê.

"Dit was sedert Januarie vanjaar baie duidelik dat daar ’n massiewe afwaarste risiko in die mielieprys is, tog het baie boere nagelaat om hul pryse te verskans," het Van Zyl gesê. “Geen twee bemarkingseisoene is presies dieselfde nie, maar die beginsel dat ’n boer ’n siening moet inneem van die opwaartse of afwaartse potensiaal in die mielieprys, is noodsaaklik.”

Hy het gesê boere weet wat hul produksiekoste is en wanneer die JSE-kommoditeitsmarkte pryse bied waarteen hulle minstens hul insetkoste kan dek en ’n billike wins kan maak, moet hulle diskresie uitoefen en pryse vasmaak. “Die waarskynlikste rede waarom boere nie tydig hul verkoopsprys vasmaak nie, is dat hulle hoop vir hoër pryse. In Suid-Afrika kan hoër mieliepryse in die eerste plek egter net deur hoër internasionale pryse gedryf word. Sulke pryse is gewoonlik die gevolg van swak oeste in die groter produserende lande, veral Amerika, wat tot laer wêreldvoorrade lei.”

Tweedens kan hoër pryse ook veroorsaak word wanneer die plaaslike oes gevaarlik naby is aan die plaaslike vraag en tekorte invoer nodig maak. "Plaaslike mieliepryse sal dan na invoerpariteitspryse neig," sê Van Zyl.

“En laastens sal ’n rand wat verswak teen die Amerikaanse dollar plaaslike invoer- en uitvoerpariteitspryse opjaag. As 'n mens nou terugkyk, was die moontlikheid dat die rand verder teen die dollar kon verswak die enigste moontlike rede om hoër mieliepryse te verwag. Wat egter baie swaarder as dié moontlikheid geweeg het, was die invloed van wêreldvoorrade wat op hoë vlakke is danksy die Amerikaanse oes van 353 miljoen ton verlede jaar en die huidige plantvooruitsigte van 352 miljoen ton.”

“Vanaf Januarie was die oesskattings vir die plaaslike oes boonop elke keer groter, wat aanduiders was van ’n aansienlike surplus wat pryse na uitvoerpariteit sou afdruk. Met die begin van die plantseisoen, tussen September en November, was die prys vir lewering van wit mielies in Julie vanjaar 'n gemaklik R2 150/ton. Daar word aanvaar dat 'die mark' aan die begin van die seisoen ‘n prys sal bied wat dit vir boere haalbaar maak om te plant,” sê Van Zyl.

Hy sê weens die risiko van moontlike ongunstige groeitoestande - die sogenaamde midsomerdroogte - van Desember tot Februarie, het mieliepryse hoër geneig, tot R2 479/ton, maar het die hele Januarie gemaklik bokant R2 300/ton gebly. Ná Februarie het witmieliepryse egter voortdurend gedaal van R2 200/ton tot R1 700/ton in Julie toe die grootste deel van die land se oes op die mark beland het.

“Boere wat nagelaat het om hul prysopsies voor Februarie uit te oefen was genoop om die Julieprys te aanvaar, of hul mielies te berg in die hoop dat pryse sal verbeter. Inkomstegewys het hulle minstens 23% van hul bruto inkomste verbeur en sal heel waarskynlik nie hul produksiekoste kan verhaal nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.22
-0.1%
Rand - Euro
17.61
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.54
+1.5%
Silwer
21.04
+1.6%
Palladium
2,320.50
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Verhouding moet op vertroue en eerlikheid gebou word, volkome ramantiek die beloning.
Leer my ken as nederig en 'n maklike persoon met christelike waardes sonder aanstelligheid wat vrede en liefde koester. Ek hou van kampeer met die karavaan en in die natuur...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot