AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vee-gesondheid wêreldwyd onder druk weens tekort aan veeartse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Onderstepoort / Universiteit van Pretoria
Foto: Onderstepoort / Universiteit van Pretoria
’n Toenemende tekort aan veeartse plaas die veeproduksiesektor onder druk in onder meer Duitsland, die Europese Unie en ander dele van die wêreld.

Dit hou ’n bedreiging in vir aspekte soos dieresorg, winsgewende produksie en die sektor se vermoë om verbruikers te kan verseker dat hul gesondheid ook beskerm word.

Dié kwessie is bespreek tydens die opening van die EuroTier 2022-uitstalling vir suiwel-, vark- en pluimveetegnologie in Hannover, Duitsland.

Mnr. Heiko Färber, besturende direkteur van die Duitse vereniging van praktiserende veeartse, het aan joernaliste gesê van die sowat 22 000 veeartse in Duitsland is net sowat 3 500 betrokke by die versorging van landbouvee.

Färber het verduidelik dat die daling in Duitsland se landbouvee-veeartse grootliks te wyte is aan ’n uiters veeleisende werksomgewing in dikwels afgeleë, landelike gebiede, toenemende streng regulasies en omslagtige burokrasie vir dié dieregesondheidskundiges.

“Dit is nie net ’n Duitse of Europese kwessie nie, maar blyk ’n wêreldwye kwessie te wees,” het hy gesê. “Regerings moet beleide toepas en voldoende hulpbronne verskaf vir proaktiewe, omvattende en voorkomende dieregesondheidsinisiatiewe. Dit is baie minder veeleisend vir veeartse en baie doeltreffender om optimale veegesondheid te handhaaf as vir veeartse om op enige tyd van die dag en nag reaktief aandag te moet gee aan onverwagte veenoodgevalle wat voorkom kon word.”

veearst bedreiging,
Die plaaslike en internasionale pers is by die 2022 EuroTier/EnergyDecentral-uitstalling in Hannover, Duitsland, verwelkom deur, van links, mnr. Rainer Winter, persbeampte vir landbou en uitstallings en aanlyn kommunikasie van die Duitse landbouvereniging, dr. Lothar Hövelmann, uitvoerende hoof van die Duitse landbouvereniging, me. Ines Rathke, projekbestuurder vir die EuroTier-uitstalling van die Duitse landbouvereniging, mnr. Heiko Färber, besturende direkteur van die Duitse vereniging van praktiserende veeartse, en dr. Dennis Rendschmidt, besturende direkteur van VDMA Power Systems. Foto: Lloyd Phillips

Dr. Lothar Hövelmann, uitvoerende hoof van die Duitse landbouvereniging, wat EuroTier aanbied, het gesê dat alle boere wêreldwyd reeds met talle ander probleme sukkel. Veeboere het nié die bykomende groot las nodig om nie toegang tot betroubare en toepaslik vaardige veeartse te hê nie.

Hy het verduidelik dat gesondheidsbedreigings vir vee internasionaal en plaaslik bestuur moet word, maar, bowenal, met samewerking.

“Daar is baie probleme wat opgelos moet word. Dit is van deurslaggewende belang dat daar steeds nuwe ontwikkelings en verbeterings aangebring word aan alle aspekte van veeproduksie, insluitend welstand, menslike beskerming, omgewingsbeskerming en plaaswinsgewendheid. Die wêreld se hele landbousektor kan nie suksesvol wees sonder ’n suksesvolle veesektor nie. Daar moet maniere gevind word om in die behoeftes van veeartse én veeboere te voorsien sodat optimale dieregesondheid bereik en in stand gehou word,” het Hövelmann gesê.

Besoek www.eurotier.com/en/digital om meer te wete te kom oor wat by EuroTier 2022 gebeur.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
+1.0%
Rand - Pond
20.95
+0.4%
Rand - Euro
18.03
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot