AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Vee in KZN nie van kant gemaak

Vee-eienaars in KZN hoef nie te vrees dat hul vee van kant gemaak sal word weens die uitbreking van bek-en-klouseer nie, sê LUR’e.

Vee-eienaars in KwaZulu-Natal hoef nie te vrees dat hul vee van kant gemaak sal word weens die uitbreking van bek-en-klouseer nie, sê twee LUR’e. Luidens ’n berig op Buanews het me. Lydia Johnson, die LUR vir Landbou, Ekonomiese Sake en Landelike Ontwikkeling, en mnr. Mike Mabuyakhulu, die LUR vir Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling in KwaZulu-Natal, die naweek die omgewing besoek waar die uitbreking bevestig is en boere se vrese besweer.

 

Volgens die LUR’e is die maatreël dat diere van kant gemaak word om die verspreiding van die siekte te voorkom, nie ter sprake nie. “Hoewel die siekte self erg is, het dit nog nie wyd versprei nie. Dit is hoekom padblokkades 24 uur lank op strategiese roetes opgestel is om die verspreiding daarvan tot die geïdentifiseerde gebied te beperk”, sê Johnson.

 

Samewerking


Johnson het vee-eienaars aangemoedig om met die departement saam te werk deur hul vee na diptenks te neem waar hulle teen die siekte behandel en ingeënt kan word. “Alle ingeënte diere sal op hul nekke gebrandmerk word en enige dier wat ná die inentingveldtog nie ’n brandmerk het nie, moet gerapporteer word en die dier se eienaar moet ook geïdentifiseer word,” aldus Johnson.

 

Mabuyakhulu het op sy beurt gesê die vervoer van enige dier met gesplete hoewe oor distriks-, provinsiale en nasionale grense is tot verdere kennisgewing opgeskort. Hy het vee-eienaars se samewerking gevra om dié uitbreking te help bekamp.

 

“As vee-eienaars nie met die Regering saamwerk om dié siekte te beperk en uit te wis nie, sal uitvoerondernemings  langer swaarkry en die verspreiding van die siekte sal daartoe lei dat alle beeste van kant gemaak word om die siekte uit te wis,” sê Mabuyakhulu.

 

Bron: Buanews

8 Maart 2011

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
-1.5%
Rand - Pond
21.03
-0.6%
Rand - Euro
18.79
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,002.53
-2.2%
Palladium
1,639.70
-1.8%
Goud
1,885.01
-1.4%
Silwer
22.76
-3.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,575
-0.1%
Alle aandele
79,736
-0.1%
Hulpbronne 10
74,199
-0.7%
Industriële 25
102,992
+0.4%
Finansiële 15
16,506
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom Ons Gesels😁
Ek is n moeilieke meisie, maar watter meisie is nie??? Ek het twee pragtige dogtertjies, so meeste van my tyd word saam hulle spandeer😁 Ek hou van dans maar het nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot