
Klagtes rakende die verwaarlosing van haar plaasdiere word vandag teen me. Thandi Modise ingedien.
Die skokkende verwaarlosing van diere op die plaas van me. Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, gaan glo vervat word in ’n klagte wat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging op Vrydag, 25 Julie, by die polisie gaan indien.
Luidens ’n berig op TimesLive het die uitvoerende direkteur van die nasionale DBV, me. Marcelle Meredith, gesê dié klagte sal by die Buffelshoek-polisiekantoor in Potchefstroom ingedien word.
Vroeër die maand het die DBV op talle dooie en sterwende varke op Modise se plaas afgekom. Die varke was sonder kos en water en van hulle het aan karkasse begin vreet om aan die lewe te bly. Skape, bokke en pluimvee op die plaas het ook gevrek.
Beeld berig dat die enigste veearts by dié gru-toneel op Modise se plaas weier nou om “enigiets verder te doen te hê” met die strafregtelike ondersoek. Hy weier ook glo om met die NDBV saam te werk.
Bron: TimesLive
Bron: Beeld