Hy ondersteun ondersoeke na onwettige bedrywighede, sê die SA Veeartsenykundige Raad in ‘n verklaring oor die inhegtenisname van twee veeartse van Limpopo vir hul vermeende betrokkenheid by renosterstropery.
“As enige geregistreerde veeartse skuldig bevind sou word aan onwettige bedrywighede, sal ‘n ondersoek na hul professionele optrede volg,” lui die verklaring.
Die raad kan volgens sy grondwet verskeie stappe neem teen lede wat hulle skuldig maak aan onaanvaarbare gedrag. Dié stappe sluit die in opskorting van ‘n veearts se lisensie om te praktiseer.
22 September 2010