AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veebedryf se beste leerskool vol bespreek

Die gewilde Aldam-vleisbeesskool is tjok en blok vol bespreek. Dit begin Woensdag, 12 Oktober. Hier is van die hoogtepunte.

Mnr. Christopher Sparks, voorsitter van die Lewendehawe Registrerende Federasie, skryf oor die sukses van die Vleisbeesskool wat by Aldam in die Vrystaat gehou word.

Op 9 September het ek die boodskap ontvang dat vanjaar se Aldam-vleisbeesskool vol bespreek is, ’n volle maand voordat die byeenkoms van 12 tot 14 Oktober deur die Lewendehawe Registrerende Federasie en Landbouweekblad aangebied word.

Dit maak my opgewonde en is ’n aanduiding dat die veebedryf ál meer bewus word van die voordele wat hierdie geleentheid kan bied.

Sedert sy begin was die doel van die Vleisbeesskool om die lewendehawebedryf – veral die kommersiële en stoettelers – te onderrig in alle aspekte van die waardeketting deur ’n forum te skep waar alle betrokkenes van die nuutste internasionale ontwikkelinge kan leer.

Nuutste ontwikkelinge

Die onderwerp is elke jaar op die veebedryf van toepassing. Twee jaar gelede was dit voerdoeltreffendheid en verlede jaar was dit reproduksie.

Vanjaar val die kollig op die noodsaaklikheid om aan die verbruiker se verwagtinge te voldoen wat betref vleisgehalte (sagtheid, smaaklikheid en sappigheid), en ook die skep van ’n nuwe visie vir 2020 en daarna.

Met meer as 30 plaaslike en internasionale sprekers kan geen ander landbougeleentheid by dié omvangryke deelname deur bedryfsleiers kers vashou nie.

Verbruikers

Besprekings sal belanghebbendes, soos internasionale kundiges, die RPO, die voerkraalbedryf, die kleinhandel en produsente, insluit. Die vraag sal aan hulle gestel word: Wat wil die verbruiker hê en watter rol moet elke betrokkene in die waardeketting speel om aan daardie verwagtinge te voldoen?

Die veebedryf gaan deur ’n moeilike tyd en die tyd is nou ryp om nuwe beleggings in die bedryf te maak. Dit werp vrugte af. Vir elke $1 wat byvoorbeeld deur die Australiese veebedryf in navorsing oor vleisgehalte belê word, kry daardie beesboere $12,50 se waarde terug.

Ons borge sê hulle kry groot waarde uit hul deelname aan die Vleisbeesskool en dat hulle getuies van die groei en ontwikkeling van hul klante is. Die produsente beweeg nader aan die voerkraalbedryf en kleinhandelsektor.

Elkeen is besig om die ander se probleme ál beter te verstaan en hulle werk saam om groter waarde vir die produk te bewerkstellig. Belanghebbendes beweeg uit hul “ivoortorings” en maak beter kontak met die mense op grondvlak.

Die borge

Ons sê dankie aan ons borge wat op groot skaal tot die sukses van die Vleisbeesskool bydra. Ons het ’n goeie verhouding met die hoofborg, Pick n Pay, wat al 14 jaar betrokke is. Hulle het oor die jare baie van ons besigheid geleer en ons van hul besigheid.

Nóg ’n belangrike borg is RCL Foods, wat in elke opsig ’n vennoot is. Unistel-laboratoriums, die voorste DNS-laboratorium in Suid-Afrika, is ook sedert die begin betrokke. BKB borg die Volledigheid van Prestasie-eerbewyse wat ál belangriker word.

Ons dank ook aan Zoetis, die Land Bank, Sparta, Taltek en Rudd-produkte. Ons verwelkom graag hierdie borge, die boere en ander belangstellendes by vanjaar se Vleisbeesskool.

Navrae: www.stockmanschool.co.za

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
+1.0%
Rand - Pond
20.19
-0.2%
Rand - Euro
17.55
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,679.95
+1.1%
Silwer
20.35
+6.9%
Palladium
2,221.00
+2.5%
Platinum
893.26
+3.3%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,765
+0.7%
Alle aandele
64,129
+0.6%
Hulpbronne 10
61,429
+2.0%
Industriële 25
77,427
+0.0%
Finansiële 15
13,814
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot