
’n Polisiebeampte en ’n boer van die Vrystaat het 70 gesteelde beeste ter waarde van sowat R700 000 opgespoor nadat hulle uit ’n kraal op die plaas Ontevrede by Odendaalsrus in die Vrystaat gesteel is. Ses van die beeste was reeds geslag.
Die voorval is deur die Lejweleputswa-eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies ondersoek. Adj.off. Coen de Beer het 8 km saam met die boer die beeste se spore gevolg tot waar hulle aangetref is. Die boer is as hul eienaar geïdentifiseer en die beeste is aan hom oorhandig.
Daar was geen verdagtes op die toneel nie. ’n Klag van veediefsal word ondersoek.
Enigiemand met nuttige inligting word versoek om adj.off. Coen de Beer by 083 321 8241 of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.