AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veediefstal by Sundra-veiling gefnuik

akkreditasie
Die gesteelde kalwers. Foto: Verskaf
Die gesteelde kalwers. Foto: Verskaf
’n Vermeende veedief is by ’n veeveiling op Sundra naby Delmas in Mpumalanga aangekeer nadat die afslaers snuf in die neus gekry het.

Mnr. Hannes Geldenhuys, eienaar van Laat Waai-afslaers, sê dit gebeur gereeld dat verdagte persone met gesteelde vee by veilings opdaag en die vee dan van die hand wil sit. “Hierdie was definitief nie die eerste keer dat so iets gebeur nie. Ons het al ’n proses wat ons volg wanneer ‘n verdagte persoon diere wil kom verkoop.”

Hy sê dat die verdagte twaalf kalwers, vyf rondom ’n week oud, wou verkoop het. Die kalwers was almal eenvormig. “Jy kan, met respek gesê, dadelik sien as iets nie pluis is nie. In hierdie geval het ons onmiddellik die veediefstaleenheid geskakel en hulle kon die verdagte in hegtenis neem. Die kalwers is uitgeken aan tatoeëermerke in hul ore.”

Geldenhuys sê benewens die merk van diere om hulle uit te ken, soos deur die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet 6 van 2002) vereis, is sosiale media, veral WhatsApp-groepe, uiters waardevol om inligting te versprei oor gesteelde vee en moontlike pogings om gesteelde vee te verkoop. “Ons het dié geval op die nasionale veediefstal-WhatsApp-groep aangemeld, wat beteken dat boere wat vee verloor het, vinnig hulle diere kan eien. Die veediefstaleenhede kontak ons ook wanneer ’n boer ’n veediefstal aanmeld, sodat ons op die uitkyk kan wees vir verdagte diere.”

brandmerke
Die kalwers is uitgeken aan tatoeëermerke in hul ore. Foto: Verskaf
veediefstal merker
Die merkers wat die vermeende veedief in die kalwers se ore gesit het. Foto: Verskaf

Geldenhuys sê veediewe skuif die gesteelde vee baie ver van waar hulle gesteel is voor hulle die vee probeer verkoop. “In een geval het ons al ’n bul op die veiling gehad wat in die Noord-Kaap gesteel is en wat toe na die veiling hier op Sundra gebring is. Ons kon deur ons netwerke egter identifiseer dat die bul aan iemand anders behoort en die verdagte is ook aangekeer. Hierdie kalwers is in Trichardt, sowat 200 km van Delmas af, gesteel. Gelukkig kon ons deur die WhatsApp-groep twee van die boere by wie die kalwers gesteel is, identifiseer. Nadat die verdagte in hegtenis geneem is, het hy ’n derde boer van wie vee gesteel is, ook geïdentifiseer en ons kon hul kalwers aan hulle terugbesorg.”

Regulasies streng nagekom

Hy sê Laat Waai-afslaers behoort tot die landbouprodukte-agenteraad (Apac), wat beteken dat alle dokumentasie, biosekuriteitmaatreëls en regulasies word streng nagekom. “Intussen het ons ’n verklaring afgelê en die video’s van die kamera wat die perseel monitor, aan die veediefstaleenheid oorhandig.”

Dr. Cobus Oberholster, voorsitter van die uitvoerende komitee vir lewende hawe by Apac, sê die reëls vir lewendehawe-agente is in die Staatskoerant afgekondig, wat dit wet maak. “Die bedryf moet aan hierdie reëls voldoen wat alle aspekte rondom lewendehaweveilings reguleer, en dit sluit veediefstal tot vee-identifikasie en dieresorg in. Daar is 24 van hierdie regulasies met die korrekte prosedure wat tydens ’n veiling gevolg moet word, insluitend ’n hoeveelheid brondokumente wat die vee moet vergesel.

“Ek vermoed dit is hoe die veedief in Sundra uitgevang is, want hy kon nie hierdie brondokumente voorlê nie. Dit is net weer eens ’n bewys dat deur die regte prosedures te volg, ons ’n noemenswaardige impak op die beperking van veediefstal kan hê.”
 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot