
Drie verdagtes – Zamile Mandye (38), Lawrence Moleleki (44) and Kgobokano Moleleki (44) – wat in verband met veediefstal in hegtenis geneem is, verskyn op Maandag 21 Februarie in die Lichtenburg-landdroshof vir hul borgtogaansoek nadat hulle verlede week met 21 vermoedelik gesteelde bokke betrap is.
Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Lehurutshe-veediefstaleenheid ’n oproep van die polisie in Botswana opgevolg het oor 21 bokke wat vermoedelik vroeg die oggend van 11 Februarie gesteel is. Die beskuldigdes se spoor is aanvanklik gevolg tot by Madutle Village, waar Mandye woon, maar nie die verdagtes of die bokke kon daar opgespoor word nie.
Verdere ondersoek het die polisie na Slurry Auctions gelei, maar daar was steeds geen teken van die beskuldigdes nie. Die beskuldigdes is uiteindelik by Meyer Auctions vasgetrek waar die 21 vermoedelik gesteelde bokke ter waarde van R40 000 in hul besit gevind is.Die saak word verder ondersoek.