AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veediefstal: Kleinboerdery sy ‘grootste belegging’ kwyt

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van die 116 beeste wat gesteel is, was sommige kalfies en ander dragtige koeie. Foto: Verskaf
Van die 116 beeste wat gesteel is, was sommige kalfies en ander dragtige koeie. Foto: Verskaf
Die Jacobs-familie van Nancefield in Gauteng sal nooit die 116 beeste wat op 14 September by hulle gesteel is en steeds weg is, kan vervang nie.

Die Jacobs-familie van Nancefield in Gauteng sal nooit die 116 beeste wat op 14 September by hulle gesteel is en steeds weg is, kan vervang nie. Só vertel mnr. Michael Jacobs, wat saam met sy pa, Peter, die informele Bukamuso-plaas bestuur. Hulle boer met beeste, bokke, skape, varke en hoenders. Hy het sy voorsorgfonds gebruik om 116 beeste vir die boerdery aan te koop – hul grootste belegging wat nou nooit vervang sal kan word nie.

Die voorval het gebeur nadat die beeswagter die plaas met die beeste verlaat het sodat hulle kan gaan wei. Die wagter is deur ’n ander man genader wat gesê het hy soek werk. Die twee het geloop tot waar die beeste sou wei toe nog twee mans verbygekom het en met die wagter oor sy honde gepraat het. Terwyl die wagter se aandag afgelei was, het die man wat hom aanvanklik genader het, hom oorval en vasgebind.

Een van die mans het waggehou oor die wagter wat in ’n sloot in die veld gelê het, terwyl die ander twee die beeste weggejaag het. Hy was ses uur in die sloot voordat hy hom kon loswikkel en op die plaas gaan vertel wat gebeur het.

Die voorval is by die Eldoradopark-polisiekantoor aangemeld. Die Jacobse en hul vennote het self vergeerfs na die beeste begin soek. Die volgende dag het hulle die beeste se spoor in die rigting van Lawley gevolg. Die spoor het egter doodgeloop omdat daar soveel ander beeste in die informele nedersetting by Lawley is.

Die meeste van die Jacobse se beeste is gemerk. ’n Paar wat kort voor die voorval aangekoop is, was egter nog nie gemerk nie. Onder die 116 beeste wat gesteel is, was kalwers en dragtige koeie.

Michael vertel hulle moes melk by boere koop om ses kalfies wat agtergebly het, te voed omdat hulle nog te jonk is om gras te vreet. Twee van dié kalfies het intussen gevrek.

Die saak is na Vereeniging se veediefstaleenheid oorgeplaas. Michael sê hulle is saam met die ondersoekbeampte tot in Noordwes om na die beeste te soek, maar kon niks kry nie.“Die ondersoekbeampte was eerlik met ons. Hy het gesê daar is nie regtig ’n kans dat ons ons beeste sal terugkry nie. Hy het gesê ons moet die toestand waarin die land is, in ag neem, asook die maatskaplik-ekonomiese redes waarom mense al hoe meer begin steel. Mense is honger.”

Hy sê die beeste is vermoedelik deur ’n sindikaat gesteel wat die diefstal mooi beplan het.

Michael Jacobs
Hy het sy voorsorgfonds gebruik om 116 beeste vir die boerdery aan te koop. Foto: Verskaf

Michael sê Vereeniging se veediefstaleenheid is ’n klein eenheid met beperkte kapasiteit. Die eenheid moet met een bakkie oor die weg kom. “Veediefstal is ook nie ’n prioriteitsmisdaad nie.”

Hy sê hulle sal nie weer beeste kan aankoop nie. “Nadat ek my vorige werk ’n paar jaar gelede verloor het, het ek heeltyds by veeboerdery betrokke geraak. Ek het my voorsorgfonds gebruik om die beeste te koop. Dit sal ook nie vir my pa moontlik wees om die beeste te vervang nie. Toe ek die beeste gekoop het, het ek sowat R6 000 per bees betaal. Nou is beespryse deur die dak. Jy kan tot R12 000 vir ’n bees betaal.”

Hy sê van die diere wat oorgebly het, is verkoop om onder meer sy kinders se skoolgeld te betaal. “Almal maak maar so. Ek sal nou geld en werk moet gaan soek.”

Vanjaar was eintlik vir hom ’n baie slegte jaar, vertel hy. Die bank het sy bakkie teruggevat, die pandemie het die wêreld ’n moeilike plek gemaak en nou is hy sy beeste kwyt. “Maar ek is ’n man van God. Ek glo Hy sal my weer seën. Ek moet net aan Hom glo. Ek is nie bang nie.”

FEESTYD SAL VEEDIEFSTAL VERERGER

Luidens ’n verklaring deur TLU SA moet nou na ’n volgende rat oorgeskakel word om werklik ’n impak op veediefstal te maak. “Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare werklikheid is dat met die feestyd om die draai, gaan veediefstal toeneem.”

Misdaadstatistieke vir die tydperk vanaf 1 April tot 30 Junie vanjaar dui op ’n afname van 8% in veediefstal. Volgens TLU SA moet boere egter nie deur dié statistieke geflous word nie aangesien veediefstal in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga toegeneem het. “Die afname is dus dalk net oëverblindery.”

Mnr. Mort Mortassagne, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, sê boere het vertroue in die polisie verloor. “Verskeie polisielede is deel van die sindikate. Veediefstal is ’n georganiseerde bedryf met groot geld op die spel.

“Tans word net sowat 20% van die sake aangemeld en ’n skamele 4% van die sake word suksesvol afgehandel. Die kans om die boewe vas te trek, is reeds skraal en dan is die forensiese werk met veediefstal nie op peil nie. Sowat 400 000 DNS-monsters is uitstaande . . . en intussen steel die boewe voort.”

Een van die vernaamste bekommernisse vir TLU SA is die aantal sake wat aangemeld word teenoor die aantal veediewe wat deur die howe skuldig bevind word.

Mnr. Ronnie Schilling, streeksbestuurder vir TLU SA Oos en Natal, sê TLU SA is dankbaar oor die stappe wat die polisie teen veediefstal doen. Die organisasie help die polisie waar hulle kan, maar verwag meer van die regering en polisie.

“Is dit te veel gevra dat die regering en die polisie ’n groter impak moet maak in die bekamping van veediefstal? Is die straf vir veediefstal enigsins ’n afskrikmiddel? Dit demoraliseer boere as hulle nie op hul eie of met die polisie se hulp impak kan maak op die probleem nie.”

Hy sê die hoeveelheid vee wat op een slag gesteel word, is ekstra kommerwekkend.

“Boere gaan bereid moet wees om gedurende die feestyd ekstra maatreëls te tref om diefstal te voorkom. Dit is van deurslaggewende belang dat hulle by hul plaaslike veiligheidstrukture inskakel. As hulle sake aanmeld, moet hulle met die ondersoekbeampte kontak hou totdat die saak deur die hof gevoer word.”

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê veediefstalsyfers skommel redelik. “As ’n mens na neigings kyk, lyk dit asof ons moontlik ’n afname in veediefstal sal sien, maar dit is neigings en nie gegewens nie. Ons kom nou uit ’n tydperk waar mense minder beweeg het. Hulle begin nou meer beweeg. Vir diefstal om plaas te vind, moet mense beweeg. ’n Mens kan dus ook aanneem dat hoe meer mense beweeg, hoe meer misdaad word gepleeg.”

Die styging in beespryse is nog ’n faktor wat volgens hom die voorkoms van veediefstal kan beïnvloed.Hy sê daar is probleme in die suidelike gedeeltes van Gauteng, veral die gedeelte suid van Soweto, omdat daar baie beeste in daardie gebied rondloop. Daar is ook ’n hoë konsentrasie onwettige abattoirs en slaghuise.

Volgens hom verswak die koers waarteen gesteelde beeste teruggevind word. “Dit het veral met beeste afgeneem, van sowat 42% in 2015 tot sowat 29%. Vir skape was dit altyd 25% en ons is af na 19%. Dieselfde geld bokke.”



Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
-0.9%
Rand - Pond
20.02
+0.6%
Rand - Euro
17.59
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,712.60
-0.2%
Silwer
20.61
-0.2%
Palladium
2,278.00
+0.9%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot