AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Veediefstal stabiliseer sedert 2010

Veediefstal het in die boekjaar 2010-’11 gestabiliseer, en meer beeste is ook ná diefstal teruggevind.

’n Totaal van 188 689 stuks vee is tydens die boekjaar 2010-’11 gesteel, wat ’n stabilisering in dié misdaadsyfer verteenwoordig. Dit is sowat 400 diere meer as wat tydens die boekjaar 2009-’10 as gesteel aangeteken is.
 
Volgens die jongste verslag van die nasionale Veediefstalforum het die terugvinding van beeste tydens die boekjaar 2010-’11 met 6% gestyg, terwyl die persentasie van skape en bokke wat teruggevind is, met 4% gedaal het.

Volgens die forum sal veediefstalstatistiek in die toekoms deur die Minister van Polisie bekend gemaak word. “In die toekoms gaan alle veediefstalsake deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Veediefstaleenhede ondersoek word, maak nie saak hoeveel diere gesteel word nie,” lui die verslag.
 
Politieke wil
Mnr. Jaco Maré, ondervoorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê alle staatsdepartemente en belanghebbendes in die rooivleisbedryf word verteenwoordig op die forum en hy is tevrede dat provinsiale forums doeltreffend funksioneer.
 
“Veediefstal bly een van die ergste probleme waarmee die Suid-Afrikaanse veeboer te kampe het, maar daar bestaan ’n politieke wil om die probleem doeltreffend te bekamp,” sê Maré.
 
Die Oos-Kaap was een van die brandpunte wat veediefstal in die boekjaar 2011-’12 betref. Dié boekjaar se statistiek is nog nie beskikbaar nie. Vyf van die tien polisiestasies waar die meeste veediefstal in Suid-Afrika in dié tydperk aangemeld is, val in die Oos-Kaap. Drie polisiestasies is in KwaZulu-Natal geïdentifiseer, terwyl daar by een stasie in onderskeidelik die Vrystaat en Mpumalanga hoë veediefstalsyfers aangemeld is.
 
Oosthuizen
Maré het ook hulde gebring aan kol. Oosie Oosthuizen, die afgetrede hoof van Veediefstaleenhede in die land. Oosthuizen is tydens die RPO se 24ste nasionale kongres by Rawdons-landgoed in KwaZulu-Natal met ’n oorkonde vir 40 jaar se diens aan die landboubedryf vereer.
 
Oosthuizen is in 1991 aangestel as bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Veediefstaleenheid. “Tydens sy loopbaan was hy aktief betrokke by die stigting van verskeie Veediefstaleenhede en satelliet-eenhede, asook die aanstelling van gespesialiseerde individue vir die ondersoek van veediefstal op stasievlak,” het Maré gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot