AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Veediefstal-verdagtes in NW nou in huisarres

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Vragmotor wat met die diefstal verbind word en 18 beeste vervoer het, is deur die polisie voorgekeer. Die bestuurder van die vragmotor kon nie verduidelik waar die beeste vandaan kom nie. Foto: Verskaf deur SAPD
’n Vragmotor wat met die diefstal verbind word en 18 beeste vervoer het, is deur die polisie voorgekeer. Die bestuurder van die vragmotor kon nie verduidelik waar die beeste vandaan kom nie. Foto: Verskaf deur SAPD
Nadat hul hofverskyning Woensdag uitgestel is sodat die ondersoekbeampte ondervra kon word, het die sewe verdagtes wat van onder meer veediefstal ter waarde van R500 000 in Noordwes beskuldig word, gister borgtog ontvang.

Die verdagtes se volgende verskyning in die Molopo-landdroshof is op 31 Januarie volgende jaar. Die voorlopige klagte teen hulle is diefstal, die versuim om ’n bevredigende verduideliking te gee oor hoekom vee in hul besit is, die verkryging van vee van mense wie se woonplekke nie bekend is nie en die padlangse vervoer van lewende hawe sonder ’n permit.

Borgtog is toegestaan aan die sewe verdagtes – mnre. Willem Petrus Boshoff (R10 000), Carel Stephan Wallis (R12 000), Ntlhothana Motswabangwe (R5 000), Rapula Letsapa (R3 000), Johannes Wessel (R5 000), Simon Wessel (R5 000) en me. Janine Hill (R5 000).

Al die verdagtes is in huisarres geplaas en mag slegs na hul werkplek gaan. Hulle moet daagliks van Maandag tot Vrydag tussen 06:00 en 18:00 by hul naaste polisiestasie aanmeld. Hulle mag ook nie inmeng met enige van die staat se getuies nie.

Die verdagtes is op Donderdag 10 November in hegtenis geneem nadat ’n boer onraad vermoed het toe hy ’n vragmotor en bakkie opgemerk het wat lewende hawe vervoer. Hy het dié verdagte bedrywighede onder die aandag van ander boere in die omgewing van Ottoshoop gebring.

Die verdagte bakkie is op die plaas Koenlambrechts tussen Mahikeng en Lichtenburg opgespoor. Die polisie is in kennis gestel en die verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle die plaas met nege beeste agterop die bakkie probeer verlaat het.

’n Vragmotor wat met die diefstal verbind word en 18 beeste vervoer het, is deur die polisie voorgekeer. Die bestuurder van die vragmotor kon nie verduidelik waar die beeste vandaan kom nie. Verdere ondersoek het die polisie na die plaas Windheuwel gelei waar op 14 vermoedelik gesteelde beeste afgekom is. Danksy ’n gesamentlike operasie tussen boere en die polisie is 42 vermoedelik gesteelde beeste opgespoor.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot