AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veediewe slag R40 000 se ooie

Veediewe wat die Noordoos-Vrystaat teister, het weer toegeslaan.

’n Georganiseerde  veediefstalsindikaat wat die afgelope sowat twee jaar die distrikte rondom Steynsrus in die Noordoos-Vrystaat teister en meer as R600 000 se skape gebuit het, het weer toegeslaan en ooie van sowat R40 000 geslag.

Mnr. Niekie Grobler, veiligheidsverteenwoordiger van die distriksboere-unie van Steynsrus, het sy en sy mede-boere se frustrasie op Facebook laat blyk met die jongste voorval waartydens 23 Merino-ooie Sondagoggend op die plaas van mnr. Jurie Wessels by Wonderkopstasie tussen Steynsrus en Kroonstad geslag is. (Sien foto's op Vrystaat Landbou se Facebook-blad.)

Die diewe is volgens hom goed georganiseerd en tussen 20 en 25 skape word per keer geslag. “Hulle stel net in die karkasse belang en die skape se velle en afval word net so in die veld gelaat. Gewoonlik gebeur dit in die hoek van ’n kamp by ’n teerpad,” sê hy.

Derde geval vanjaar

Die jongste voorval is die derde soortgelyke een vanjaar in die gebied. In Mei is altesaam 25 Merino-ramme en hamels van mnr. André Nezar in die distrik Steynsrus geslag en gesteel. Die afval van 17 skape is gevind en agt is daarna vermis.

Mnr. Stefan van Huyssteen van die plaas Belfry tussen Steynsrus en Senekal het op 21 April 18 dragtige ooie op dieselfde wyse verloor. Sy verlies aan Dohne-Merino’s vanjaar staan al op 47 met die totaal die afgelope twee jaar op 225. Hy beraam sy persoonlike skade op sowat R500 000, met die produksiewaarde van die diere uitgesluit.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum, sê dis betreurenswaardig dat voorvalle soos dié in Steynsrus, voorkom, maar die voorkoms van alle veediefstal, hoe gering ook al, moet aangemeld word om die korrekte geheelbeeld van die misdaad te verkry. “Sowat 75% van die voorvalle van skaapdiefstal in die Vrystaat word nie aangemeld nie,” sê hy. “Net in die naburige Heilbron word slegs sowat 40% van alle skaapdiefstal aangemeld.”

Volgens hom is die korrekte geheelbeeld van veediefstal nodig om die polisie in staat te stel om hulle hulpbronne reg aan te wend en aanklaers van die erns van dié misdaad te oortuig vir die oplê van gepaste vonnisse.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.86
+1.2%
Rand - Pond
20.20
-0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,689.34
+1.7%
Silwer
20.36
+7.0%
Palladium
2,248.50
+3.8%
Platinum
900.50
+4.2%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,850
+0.8%
Alle aandele
64,227
+0.8%
Hulpbronne 10
61,646
+2.4%
Industriële 25
77,524
+0.2%
Finansiële 15
13,816
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boerseun soek na liefde
Ek is a baie spontane ,liefdevolle mens hou van mense om mee te komenikeeren soek na die liefde van my lewe om saam my op die plaas te kan kom bly
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot