AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veediewe sny top-ooie keelaf

’n Boer van die distrik Senekal was verpletter nadat misdadigers 15 van sy top-ooie wreedaardig doodgemaak het.

’n Grusame toneel het die 75-jarige mnr. Van Wyk Schutte Donderdagoggend, 23 Augustus 2012, by een van sy skaapkrale op sy plaas naby Senekal begroet. Vyftien van sy “vlagskip-ooie” is vir hul vleis wreedaardig deur misdadigers keelaf gesny.
 
Mnr. Rian Schutte, Schutte se seun, het aan Volksblad gesê hy het nog nooit ’n man so hartseer gesien nie. Schutte boer heeltyds vandat hy 16 jaar oud is.
 
Al die Merino-ooie het lammers gehad, en 30 lammers is wees agtergelaat. Schutte het glo van die lammers gevind waar hulle op hul ma’s se afgesnyde koppe aan die slaap geraak het.
 
Gediertes
Volgens Rian is die skape juis in ’n kraal gejaag om hulle veilig te hou teen ongediertes, soos jakkalse, maar dít maak dit weer vir veediewe maklik om die diere te steel of te slag.
 
’n Plaaswerker sal nou na die hanslammers moet omsien en hulle surrogaatmelk voer. Boere van die distrik het reeds aan Schutte melk geskenk om die lammers mee te voer.
 
Die polisie het volgens Rian vinnig op hul oproep gereageer, en ’n klag van veediefstal word ondersoek.
 
Brandpunt
Intussen sê mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee, die distrik Senekal is ’n brandpunt vir veediefstal in die provinsie. Die omgewing is een van die 14 brandpunte wat geïdentifiseer is as omgewings waar die Landelike Beveiligingstrategie op veiligheid en veediefstal moet fokus.
 
Elke provinsie in die land is verlede jaar, nadat die strategie bekend gestel is, opdrag gegee om 10 brandpuntgebiede te identifiseer waar op landelike beveiliging en veediefstal gefokus moet word.
 
Breytenbach sê hoewel die strategie nog nie in polisiekantore in werking gestel is nie, is daar wel goeie dinge aan die gebeur. Tans ontvang polisiebeamptes in polisiekantore opleiding oor hoe om landelike misdaadtonele te hanteer, en ’n opleidingsessie vir die breër gemeenskap sal volgende maand plaasvind. “Ons sien dus ’n goeie aanduiding van ’n verskil wat in die toekoms kan kom.”
 
Bron: Volksblad

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.87
+1.1%
Rand - Pond
20.15
+0.1%
Rand - Euro
17.55
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,690.01
+1.7%
Silwer
20.48
+7.6%
Palladium
2,246.50
+3.7%
Platinum
900.00
+4.1%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,765
+0.7%
Alle aandele
64,129
+0.6%
Hulpbronne 10
61,429
+2.0%
Industriële 25
77,427
+0.0%
Finansiële 15
13,814
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot