AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Veesiektes breek op groot skaal uit

Die goeie reën het veral muggie-, muskiet- en bosluisgetalle drasties laat toeneem en veesiektes breek nou wyd uit.

Talle uitbrekings van knopvel- en drie-dae-stywesiekte, bloutong, Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmose (galsiekte) is die afgelope tyd by veeartse dwarsoor Suid-Afrika aangemeld en boere word vermaan om hul vee betyds in te ent.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), sê in sy Januarieverslag oor veesiektes daar is goeie entstowwe beskikbaar en dus geen rede hoekom boere deur sulke siektes geteister hoef te word nie. Hulle moet hul diere voorkomend inent om hulle teen die siektes te beskerm. Boere kan nou reeds begin beplan om hul vee voor die volgende reënseisoen in te ent.

Die jongste aanmeldings is weens die goeie reëns wat oral voorgekom en veral muggie-, muskiet- en bosluisgetalle drasties laat toeneem het. Muskiete dra die Slenkdalkoors en Wesselsbronvirus oor. “Boere moet ook altyd Slenkdalkoors in gedagte hou. Meld dadelik gevalle van aborsies en vrektes by ’n veearts aan sodat die oorsaak vasgestel kan word,” sê hy.

Stilstaande water kom voor waar dit baie reën en is die ideale uitbroeiplekke vir muskiete. Muggies versprei virusse wat bloutong veroorsaak. Ander siektes wat deur insekte oorgedra word, is knopvel-, drie-dae-stywe-, en Afrikaperdesiekte.

Inwendige parasiete

Inwendige parasiete neem skerp toe wanneer dit baie reën. Veral haarwurms is reeds by talle veeartse aangemeld. Op een plaas het 63 lammers in ’n trop van 500 weens erge besmetting met haarwurms gevrek.

Boere moet na die kliniese tekens van inwendige parasietbesmettings oplet, naamlik bloedarmoede wat aan ’n bleek oogslymvlies uitgeken word, kwakkele, gewigverlies en maagwerking.

Uitwendige parasiete

Weens die goeie reën is daar ook ’n toename in bosluise. Hierdie parasiete veroorsaak onder meer Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, galsiekte en knopvelsiekte en bloedarmoede. In sommige distrikte word die voorkoms van hierdie siektes as ’n “ontploffing” bestempel.

Boonop veroorsaak bruinoor- en bontpootbosluise ook wonde wat spykerwurmvlieë lok, wat dan hul eiers in die wonde lê. Stalvlieë is ook aangemeld. Hierdie vlieë veroorsaak irritasies en verdikking van die vel, wat ’n rol in die uitbreek van Senkobosiekte (oopbars van die veloppervlakte) veroorsaak.

Malan sê inenting sal al hierdie parasiete se lewensiklusse verbreek en die siektes verhoed. Die gifstof wat deur bontpootbosluise aan diere oorgedra word, veroorsaak sweetsiekte in kalwers, terwyl die bytplekke ook wonde veroorsaak wat deur spykerwurms besmet kan word.

Geslagsiektes

Malan waarsku weer eens oor geslagsiektes by vee. Nuwe gevalle van trichomonose word maandeliks aangemeld en is “buite beheer”. Boere moet die gebruiklike maatreëls vir biosekerheid tref deur bulle slegs by telers te koop wat sélf goeie biosekerheid handhaaf en hul bulle gereeld vir geslagsiektes toets.

Bakteriese siektes

Hy sê té veel siektes word aangemeld waarvoor daar entstowwe is. Boere moet ’n inentingsprogram saam met ‘n veearts opstel en dit volg.

Virussiektes

Daar is geen behandeling vir virussiektes nie; daarom moet boere hul vee inent. Die uitsondering is snotsiekte waarvoor nog geen entstof bestaan nie, hoewel ’n entstof tans vir registrasie getoets word.  Dié dodelike virus word met wildebeeste verbind, maar daar is ook ‘n stam wat met skape verbind word. Biosekerheid is ál oplossing om snotsiekte van beeskuddes weg te hou.

RuVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspraktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete ingekoop word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.61
+0.3%
Rand - Pond
21.16
+0.4%
Rand - Euro
18.84
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.19
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
978.27
+0.5%
Palladium
1,641.26
+2.6%
Goud
1,874.84
+0.4%
Silwer
22.22
-0.2%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Iemand ordentlik asb
Ek is lief vir die lewe. Ek hou van kuier saam vriende en famile. Soek rus en vrede sonder drama
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot