AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veevoer oral onder druk, maar . . .

Die beskikbaarheid van molasse en suikerriet-verwante veevoer is redelik onder druk weens ‘n hoër vraag en ’n kleiner suikerriet-oes, maar vervaardigers meen dat dit nie op ’n katastrofe afstuur nie.

Die voortslepende droogte in die somerreëngebied het die verbruik en vraag na vervaardigde veevoer baie hoër as normaal gedwing.

Volgens mnr. Kirmish Dyokolwana, tweede voorsitter van die Oos-Kaapse tak van die RPO, is Molatek en Voermol se produkte uiters skaars in die Queenstown-omgewing. “Ons sien meestal net ’n enkele formulering van een van die vervaardigers op die rakke en dan is dit nie lank voordat dit ook opgeraap is nie,” sê Dyokolwana.

Volgens mnr. Nelius Ferreira, voorsitter van die Vrystaatse tak van die RPO, is handelaars se voorraad veevoer nie so hoog soos altyd nie. “Boere ervaar egter nog nie tekorte nie. Hoewel die voorraad verseker baie laer is as normaal, word boere steeds voorsien, mits hulle goeie beplanning doen en betyds bestel,” sê Ferreira.

Minder voorraad

Volgens mnr. Kenny Crampton, nasionale verkoopbestuurder van Voermol, is die vraag na hulle produkte baie hoër as normaal. “Die druk is hoog, maar ek meen dat ons sal kan voorbly. Ons het redelik in ons voorrade ingewerk oor Januarie en Februarie, toe die vraag nóg hoër was as nou en uitermatig baie hoër was as normaal, maar selfs met die laer suikerriet-opbrengs weens die droogte, voorspel ons nie dat daar ’n vreeslike probleem sal wees indien die weer hierdie jaar ’n normale patroon volg nie.”

Volgens mnr. Wouter de Wet, besturende direkteur van RCL Foods Dierevoeding (Molatek en Epol) het hulle reeds alternatiewe planne gemaak om die laer suikerriet-oes aan te spreek en aan die verhoogde vraag te voldoen. “Ons het ander suiker produsente en bronne van molasse vir die inkoop van addisionele molasse volumes, genader. Dit beteken dat ons nie soos vorige jare ’n surplus van molasse sal hê om te verkoop nie, maar saam met ons groot kliënte bestuur ons die balans tussen vraag en aanbod en werk aan alternatiewe oplossings.

“Niemand weet presies wat die impak van die droogte en die winter op aanvraag gaan wees nie, maar ons doen alles moontlik om in die aanvraag te voorsien en ook om boere by te staan om dit wat beskikbaar is so doeltreffend moontlik te gebruik en om alternatiewe te vind,” sê De Wet.

Ruvoer redelik beskikbaar

Volgens mnr. Neels de Villiers, veeboer van Ventersburg in die Vrystaat, is ruvoer redelik beskikbaar, maar teen ’n koste. “Die een se dood is maar die ander se brood. Ek dink tog van die verskaffers buit boere uit noudat hulle weet boere kan nie sonder dié produkte nie.”

Volgens Ferreira lê die groot uitdaging tussen September en November. “Tans is daar nog weiding in sekere streke oor, maar teen September en veral na einde Oktober, is die kans goed dat die hele Vrystaat en die res van die noorde van die land gaan lyk soos die Suid-Vrystaat nou lyk. As daar dán nie voer beskikbaar is nie, gaan dit ’n katastrofe wees,” meen Ferreira.

Beide De Wet en Crampton is egter versigtig optimisties dat hulle produkte beskikbaar sal wees aangesien die oes van suikerriet moontlik eers teen die einde van die jaar tot ’n einde sal kom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.68
-0.3%
Rand - Pond
20.24
-0.0%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.47
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,718.41
-0.5%
Silwer
20.79
-1.3%
Palladium
2,303.50
-0.8%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,840
0.0%
Alle aandele
66,313
0.0%
Hulpbronne 10
64,568
0.0%
Industriële 25
80,073
0.0%
Finansiële 15
14,053
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot