AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Veiligheid: Wees meer paraat tydens beurtkrag, feestyd

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Suid-Afrika se boere en ander landelike inwoners is versoek om ekstra veiligheidsmaatreëls te tref en selfs meer waaksaam as gewoonlik te wees met die naderende feestyd.

Suid-Afrika se boere en ander landelike inwoners is versoek om ekstra veiligheidsmaatreëls te tref en selfs meer waaksaam as gewoonlik te wees met die naderende feestyd. Misdadigers trek voordeel uit die gevolge van beurtkrag vir veiligheidstelsels en selfs selfoonkommunikasie.

Mnr. Freddie van Tonder, bestuurder van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) se veiligheidsafdeling, sê misdadigers het landelike inwoners van die distrikte Estcourt en Middelrus op twee nagte agtereenvolgens aangeval tydens beurtkrag.

Volgens inligting wat by Van Tonder en die provinsiale polisie ingewin is, het die eerste voorval Maandag (8 November) net ná 20:00 plaasgevind. ’n Bejaarde egpaar en hul skoonseun was in hul plaashuis net buite Estcourt toe hul elektrisiteit afgaan. Hulle is deur twee mans met AK47’s aangeval nadat een van hulle uitgegaan het om die kragopwekker aan te skakel. Van die slagoffers is aangerand voordat die aanvallers gevlug het met vuurwapens en ander gesteelde goedere.

’n Vrou (56) wat op die Themba Kerk-eiendom werk en woon is Dinsdag (9 November) om 19:00 deur onbekende mense met ’n kapmes aangeval. Dié eiendom is in die landelike omgewing Middelrus, nie ver van Estcourt af nie.

“Die beweegrede vir die aanval is onbekend. Dit is onbekend of enigiets gesteel is aangesien die slagoffer in ’n kritieke toestand is,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Van Tonder waarsku dat statistieke daarop dui dat namate die jaarlikse feestyd nader kom, misdadigers toenemend op die uitkyk is vir geleenthede om hulself te verryk. Afgesonderde plattelandse inwoners is gewoonlik maklike teikens vir misdadigers.

“Die huise en besighede van elke boer en ander landelike inwoners het hul eie swak punte wat veiligheid betref. Dit moet dringend geïdentifiseer en behoorlik getakel word. As jy van jou plaas af handel dryf, moet jy ekstra sekuriteit hê en ekstra waaksaam wees. Inligting beweeg in plaaslike gemeenskappe rond en bereik uiteindelik misdadigers.”

Die plaaslike maatskappy Nsele Nooddienste raai landelike en stedelike burgers in ’n kennisgewing aan om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp, veral met beurtkrag.

Dit sluit in om gelaaide reserwebatterye te hê vir elektriese heinings en alarmstelsels; om battery-aangedrewe tweerigting-kommunikasieradio's te hê; om kragopwekkers aan die gang te kry voor geskeduleerde beurtkrag, veral snags; en om sonkrag-gelaaide kolligte op verskeie strategiese plekke op ’n eiendom te installeer.

“As jou honde rusteloos is, vra asseblief jou sekuriteitsmaatskappy om jou eiendom te besoek. Gaan onder geen omstandighede alleen uit om die oorsaak te ondersoek nie. Oorweeg dit ook om jou buurman in kennis te stel,” lui Nsele se kennisgewing.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot