Die Regering wil in vennootskap met Landbouveiligheid ‘n omvattende veiligheidstrategie vir die boerderygemeenskap in landelike gebiede ontwikkel om plaasmoorde en ander misdade hok te slaan.
Die landelike gemeenskap is van die mees kwesbaarste in die land.
Fokus op arbeidsverhoudings
Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Visserye en Bosbou, het by ‘n perskonferensie by die parlement gesê dat daar bewyse is dat waar daar ‘n verbrokkeling is in die verhouding tussen die boer en die plaaswerker, die aantal misdaadvoorvalle meer voorkom.
“So ons werk aan die verhoudings asook die arbeidsverhoudinge en ook die beskermende omgewings vir huurarbeiders.” Die Regering het reeds met georganiseerde landbou vergader en sal voortgaan om hul insette te kry.
Oor die voorgestelde arbeidswetgewing het Joemat-Pettersson gesê dat die landbousektor veral bekommerd oor die wetgewing is.Landbou het die potensiaal om werkloosheid in landelike gebiede op te los.
Indien dit nie opgelos word nie, sal die land groot probleme ervaar. Sy het ‘n beroep op die landbousektor gedoen om seker te maak dat sy insette oor die arbeidswetgewing die Regering bereik.
25 Februarie 2011