
Promosie-artikel:
Volgens mnr. Albie Muller, 'n eiendomsagent van iPROP-eiendomme en afsleaers, vind die veiling van dié drie besproeiingsplase op Woensdag, 26 Julie plaas. Die plase word namens die Alfalfa Trust en die Mensa Vertez Trust op die plaas Alfalfa, tussen Hopetown en Orania, opgeveil. Die drie plase sal afsonderlik en gesamentlik opgeveil word. Die eienaar emigreer.
Die drie eiendomme is almal besproeiingsplase, met volle ingelyste waterregte uit die Oranjerivier (11 000m³ per ha.) Die totale ingelyste waterregte is genoeg om 795 ha vol te besproei. Altesaam 716 ha is tans onder spilpunte en sowat 15 ha is vloedbesproeiing vir lusernlande. Elke plaas is op sy eie 'n ekonomiese eenheid.
Die veiling is op Woensdag 26 Julie om 11:00 op die plaas Alfalfa. Roete: Vanaf Hopetown, neem die R369-teerpad na Orania. Ry sowat 10km en draai links in na die plaas.
Navrae: Albie 082 7020 654; Nelis 082 8077 227 of Jeandre 082 8070 325
* Klik hier vir meer besonderhede.