AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Veldbrande verniel KZN, Oos-Kaap

Duisende stuks vee en weiding oor bykans 200 000 ha het in veldbrande in Griekwaland-Oos in die slag gebly.

Twee veldbrande in die Griekwaland-Oos het die naweek bykans 200 000 ha weiding, derduisende stuks vee, voerbale en selfs mense se lewens geëis. Die boereverenigings van Cedarville, Kokstad en Mount Curry is besig om tussen die chaos van die traumatiese gebeure, boere by te staan en skade te bepaal.

Me. Margi Fleming, sakebestuurder van die Mount Curry Boerevereniging, het aan Landbouweekblad bevestig dat nét in daardie omgewing sowat 175 000 ha weiding afgebrand het. “Die brand het Sondag wes van Kokstad, net buite Cederville, ontstaan. Aangesien dit nog baie vroeg in die seisoen is, is brandpaaie nog nie gereed gewees nie, want ons het nog nie voldoende ryp gehad nie,” verduidelik sy.

Volgens Fleming is dit die ergste brand in die omgewing in meer as 70 jaar. “Daar is onbevestigde gerugte dat minstens vyf mense hul lewens verloor het, maar niemand is nog seker nie. Die finale skade op plase sal ook eers oor ’n week of wat bepaal kan word, aangesien daar vele diere is wat nie onmiddellik weens die brand omgekom het nie, maar wat erg beseer is. Daar is ook ’n onbekende hoeveelheid huise op plase vernietig,” verduidelik Flemming.

Volgens me. Meg Rorich, die sakebestuurder van die Zwartberg Landbouvereniging, is daar ook in die Zwartberg omgewing weiding op bykans 15 000 ha in puin gelê. “Dit is regtig tragies. Dit is nog te vroeg om al die skade te bepaal en tans is ons net gemoeid om alle werkers en boere wat skade gely het, te help om ten minste slaapplek, kos en warm klere te kry.” Die Griekwaland-Oos strek oor die suidwestelike deel van KwaZulu-Natal en die noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Volgens Rorich hoop hulle dat hierdie ramp dus spoedig by die nasionale Regering aandag sal geniet om sodoende hulp aan die boere te verleen wat erge verliese gelei het. “Vele boere het hul ganse weidings verloor en baie ook hul totale skaap- en beeskuddes. Hierdie ramp het groot en kleinboere getref. Ons hoop die Regering kan spoedig help om hierdie boere weer op die been te kry,” aldus Rorich. Hulp het reeds van buurstreke begin instroom, vertel Fleming. “Boere van die Underberg het reeds voer begin aanry en boere van Harding het suikerreste aan die boere hier geskenk. In die dorpe is die barmhartigheid ook tot oorlopens sigbaar waar mense kos, klere en komberse geskenk het.” Indien jy ook ’n bydrae wil maak, kontak Margi Fleming by sel: 084 6699 609084 6699 609, epos: mcfa@live.co.za.

Call
Send SMS
Add to Skype
You'll need Skype CreditFree via Skype

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-1.3%
Rand - Euro
17.74
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,663.03
+0.1%
Silwer
19.04
+1.2%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.50
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot