AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Veldtog om staat se ‘meesterplan sonder boere’ aan te pas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Gerhard Papenfus (NAESA), dr. Theo de Jager en mnr. Bennie van Zyl (TLU SA). Foto: Verskaf
Mnr. Gerhard Papenfus (NAESA), dr. Theo de Jager en mnr. Bennie van Zyl (TLU SA). Foto: Verskaf
Verskeie organisasies, waaronder die netwerkorganisasie Saai, TLU SA en die nasionale werkgewersorganisasie (Neasa), het vandag met ’n veldtog begin om ’n alternatiewe meesterplan vir landbou en landbouverwerking saamgestel te kry wat op ekonomiese beginsels geskoei sal wees.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê daar is talle organisasies wat voel dat hulle uitgesluit is van die proses om die meesterplan saam te stel. Te min belanghebbendes is betrek en selfs ’n organisasie soos TLU SA is van die proses uitgesluit toe moeilike vrae oor transformasie gevra is. Hy sê daar is byvoorbeeld ook vakbonde ingesluit, maar geen werkgewersorganisasie nie.

“Verder is die hooftema van die meesterplan soos dit afgeteken is nie die winsgewendheid, volhoubaarheid en doeltreffendheid van die landbou nie, maar transformasie. Ons voel, hoewel transformasie belangrik is, dit nie die belangrikste agenda in die landbou is nie. Dit kan nooit belangriker as winsgewendheid en volhoubaarheid wees nie. Dit is wanneer transformasie voorop gestel word dat ’n mens sit met staatsbeheerde organisasies soos Denel, Eskom, SAA en die Land Bank.

“As die landbou nie volhoubaar is nie, is daar niks wat getransformeer kan word nie. Die klem in ’n meesterplan vir die landbou moet op winsgewendheid en volhoubaarheid wees en daarom bevraagteken ons transformasie as die sentrale tema in die meesterplan. As ’n boer deur die plan lees, is dit duidelik dat daar baie min vir boere in die plan is. Dit is ’n plan sonder boere, terwyl dit eintlik ’n boergedrewe plan behoort te wees.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê hulle was sowat 18 maande gelede aanvanklik deel van die proses. “Ons standpunt was deurgaans dat die landbou ’n ekonomiese proses is en dat ons moet waak daarteen om nie vasgevang te word in ’n politieke of ideologiese proses nie.”

In Mei verlede jaar het TLU SA in ’n werksdokument onder meer gevra wat presies bedoel word met transformasie. Sedertdien is TLU SA aan ’n lyntjie gehou. “Tot drie dae voor die aftekening het hulle gesê hulle kom nog by ons navrae. Ons het nooit self uit die proses geklim nie en is net eenkant toe gedruk.”

‘Ons wil net die olifant uit die plan uithaal’

Hy sê daar is baie goeie dinge in die meesterplan en hulle wil nie die baba met die badwater uitgooi nie. “Ons wil net die olifant uit die plan uithaal wat die breekware vernietig. Ons pleit vir ’n billike ekonomiese plan wat nuwe toetreders ook ’n geleentheid bied. As die regering erken dat 90% van die grond wat hy oordra uit produksie gaan, hoekom wil ons voortgaan op hierdie trajek? As die landbou doodgaan, gaan Suid-Afrika ook nie oorleef nie.”

De Jager sê die onsekerhede rondom voedsel skep ’n nasionale bedreiging soos geen ander een in die land nie “omdat niks ’n honger man kan stop nie”. Boere betaal nou tot ses keer meer vir insette, sukkel om finansiering te kry en niemand weet hoe voedselpryse oor ’n jaar van nou af gaan lyk nie.

“Om armoede te bestry, moet welvaart geskep word. Boere kan dit in landelike gebiede doen – nie vakbonde nie. Die rol van vakbonde kan bevraagteken word, om die minste te sê. Hul betrokkenheid kom altyd in oestyd wanneer ’n boer dit die minste kan bekostig.

“Mense moet besef boere boer nie om werk te kan skep nie. Hulle produseer vir wins en as daar wins is, kan hulle werk skep. Eers moet daar groei wees en dan kan daar meer werksgeleenthede wees. Dit moet duidelik wees in die meesterplan.”

Beheer oor bedryf

Mnr. Gerhard Papenfus, uitvoerende hoof van Neasa, sê as ’n sakeonderneming dit kan vermy, sal hy nie iemand aanstel nie. “Om werksgeleenthede te skep moet daar ’n sakevriendelike omgewing wees, besighede moet geld maak en dit sal hulle verplig om uit te brei en mense in diens te neem. As dit nie gebeur nie, sal daar nie werksgeleenthede geskep word nie. Niemand is in besigheid ter wille van welsyn nie.”

Hy sê meesterplanne is deesdae die regering se nuwe manier om ’n bedryf sentraal te beheer en van binne af te vertel wat gedoen moet word. “As dit nie ’n onderneming se vryheid om sake te doen erken nie, sal die sakeman verskuif na ’n meer sakevriendelike omgewing. Daar is op die oomblik meer ondernemings in Suid-Afrika wat sluit as nuwe besighede wat geskep word.”

Hy sê alle meesterplanne lê ongelukkig klem op transformasie. “Dit is verwoestend. In geen ekonomiese handboek sal transformasie die mikpunt wees nie. Die mikpunte sal wees volhoubaarheid, winsgewendheid en groei.”

Papenfus sê as die regering nie wil hê die landboumeesterplan moet ’n nuttelose stuk papier word nie, sal die bydraes van derduisende boere en ander in die waardeketting ook in ag geneem moet word.

Insette wat ontvang word, sal by die onderskeie organisies verwerk en in ’n konsepplan ingevoeg word wat aan die deelnemers vir afronding teruggestuur sal word. Die finale produk sal aan die staat en ondertekenaars van die huidige meesterplan voorgelê word om vas te stel of hulle met die meer inklusiewe weergawe verskil.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot