
Dié veldtog vorm glo deel van die groter veldtog wat die Solidariteit-vakbond vroeër vanjaar teen plaasaanvalle begin het.
Gedurende dié 10 dae gaan jong mense onder meer slagoffers van plaasaanvalle en die families van slagoffers besoek en kranse vir die slagoffers lê. “Hiermee treur jong mense die wreedheid en onmenslikheid wat met geweldsmisdaad gepaardgaan,” sê mnr. Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.
Wit kruise
Die organisasie het die afgelope week wit kruise by die Witkruismonument tussen Mokopane en Polokwane geplant, geverf en algemene instandhoudingswerk aan die monument gedoen.
“Plaasmoorde is nie koue statistiek nie, dit is ’n emosionele saak wat elke burger in Suid-Afrika raak. In die aanloop tot Jeugdag op 16 Junie treur AfriForum Jeug oor en namens die talle mense wie se werklikheid vernietig is weens die Regering se onvermoë om spesialiseenhede in landelike gebiede in te stel en te ontplooi,” sê Oberholzer.
Die besoeke aan families word ook onderneem om te verseker dat slagoffers se ervarings in ’n nuwe boek oor plaasaanvalle opgeteken word. Volgens AfriForum se statistiee is 1 445 boere sedert 1990 vermoor, maar na verwagting is dié getal aansienlik hoër.