AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Vele ligpunte in landbou,’ hoor Noord-Kaapse kongres

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Die landbou in Suid-Afrika is nie só gepolitiseer soos in sommige ander lande nie, wat goed is vir die bedryf.

Boere moet bemoedig wees dat voedselsekerheid en vrye handel nie soos grondeienaarskap ’n politieke kwessie is wat die landboubedryf aan bande kan lê nie.

Só het prof. Dirk Kotze, politieke ontleder van Unisa, op 25 Augustus by die 42ste kongres van Agri Noord-Kaap gesê. In ander lande word die landbou dikwels gepolitiseer as deel van sanksies, handelsoorloë of diplomasie.

Hy het gesê die dooie punt by die parlementêre ad hoc-komitee wat die voorgestelde wysiging van die Grondwet ondersoek om die onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak, dui daarop dat daar nie haas is met die wysiging nie. Die ANC kan nie ’n meerderheid stemme verkry om die wysiging deur te voer nie. Hoewel daar in die openbaar voorgegee is dat die EFF en ANC onderhandel, het pres. Cyril Ramaphosa die moontlikheid van die tafel afgevee.

“Hoe langer die dooie punt voortduur, hoe meer van ’n remskoen is dit vir die EFF en BLF. Die EFF het homself in ’n hoek geverf met sy ekstreme eise dat die staat alle grond moet besit. Die stilte oor die stand van kommunale grond is ook ’n goeie voorbeeld dat die regering nie op drastiese wyse wil inmeng nie. 

Eiendomsreg

“Opkomende boere se belang in grondeienaarskap (nie verhuring) is waarskynlik een van die mees strategiese oorwegings as ’n argument ten gunste van private eienaarskap.”

Boonop is die uitstaande grondeise ’n ernstige probleem, en die grootste druk vir grondbesit is naby stede. Ramaphosa wil nie groot skuiwe maak oor eiendomsreg nie omdat hy buitelandse beleggings wil lok en regsekerheid wil verseker. 

Ramaphosa verstewig sy greep

Hoewel sommige mense mor dat Ramaphosa se regstellende stappe ná jare van staatskaping stadig is, is dit “deel van sy indirekte strategie om deur konsultasie stadigaan sy greep op die ANC en in die regering te verstewig. Hy praat ook meer direk met burgers deur sy briewe wat hy op Maandae uitreik en verskynings op TV.

“Ramaphosa het faksies in die ANC gemarginaliseer. Ace Magashule, Supra Mahomupela en Carl Niehaus is eenkant geskuif en Jacob Zuma is aaneenlopend besig met hofsake. Die onluste as guerrilla-taktiek het polities misluk, soos die opvolgonluste van 23 Augustus misluk het. Die sogenaamde premiersliga bestaan nie meer nie. Die jeugliga en die vroueliga is van mindere belang. Die Vrystaatse leierskap is ontbind. David Mabuza is polities onaktief. Die sogenaamde RET-faksie is op dun ys en het min bewegingsruimte.”

Terselfdertyd het Ramaphosa belangrike politieke figure in KwaZulu-Natal nader getrek. Bheki Cele is behou. “Ek sal nie verbaas wees as Ramaphosa volgende jaar onbestrede as ANC-president herkies word nie.” 

Paradigmaskuif

Ramaphosa, wat voor die pandemie die trae ekonomiese groeikoers wou herstel, is deur die pandemie gekortwiek. Volgens Kotze het dit nuwe gapings vir die president geskep soos om die SAL en Eskom gedeeltelik te privatiseer.

Kotze glo nie Suid-Afrika sal ooit ’n mislukte staat word nie. “Die regering konsentreer nie daarop dat slegs die staat die ekonomie moet bestuur en werk skep nie, maar die private sektor ook. Dit is ’n paradigmaskuif vir die ANC.

“Ramaphosa se keuse van Enoch Godongwana as nuwe minister van finansies is ’n aanduiding van ’n nuwe denkrigting oor ekonomiese ontwikkeling. Senzo Mchunu, nuwe minister van water en sanitasie, is na aan die president. Die regering erken die strategiese belang van water, veral vir die landbou.”

Kotze sê voedselsekerheid het tydens die pandemie op die voorgrond getree en die landbou se bydrae tot die ekonomie en uitvoer is erken. Kommersiële landbou-aspekte moet in die hande van produsente bly, terwyl die regering en landbouorganisasies nuwe markte ontwikkel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot