AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Vennootskap bring goeie opbrengste vir opkomende boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Danksy onder meer presisieboerdery en mentorskap behaal van die opkomende boere van die Agriqua-program baie goeie opbrengste. Foto: Verskaf
Danksy onder meer presisieboerdery en mentorskap behaal van die opkomende boere van die Agriqua-program baie goeie opbrengste. Foto: Verskaf
Danksy onder meer presisieboerdery en mentorskap behaal van die opkomende boere in ’n program in Noordwes opbrengste soortgelyk aan dié van kommersiële boere.

Agriqua Holdings is ’n program wat deur GWK in vennootskap met die Nedbank- en Old Mutual-swartsakevennote-nalatenskapprogram op die been gebring is.

Altesaam 88 kleinskaalse boere verbou op meer as 900 ha by Taung mielies, katoen, koring en gars. Die grond is deel van die Vaalharts-besproeiingsgebied.

Mnr. Thuso Mokwa, landboustreekbestuurder van Nedbank, sê van die eienskappe van Agriqua wat tot die sukses bydra, is dat ’n vennoot soos GWK betrokke is wat ’n wye netwerk danksy sy 4 000 lede het.

GWK bring ook die nodige markkennis, mentorskap en entrepreneurskap- en vaardigheidsontwikkeling en het ’n afset-ooreenkoms met die boere gesluit.

Mnr. Jacques Hugo, hoof van Agriqua, sê danksy verbeterde toegang tot tegnologie, kapasiteitsbou, volhoubare energie, doeltreffende besproeiingstoerusting en die bevordering van veerkragtigheid en risikoversagting het die program oor ’n driejaarsiklus die hoogste opbrengste gelewer wat ooit in Taung opgeteken is.

In die program word veral aandag gegee aan presisieboerdery, deur die gebruik van tegnologieë en metodes om oesprestasie te bestuur en verbeter.

Agriqua het in 2019 begin, met 21 boere op 210 ha. Daar word aan elke boer minstens 10 ha toegeken. Die doel was om opkomende swart boere te ontwikkel sodat hulle kommersieel kan word en uiteindelik deel kan word van die landbouwaardeketting.

Die nalatenskapprogram het van 2019 tot 2022 R6 miljoen in die program belê, spesifiek om deelnemende boere se insetkoste te dek.

Tot nou het Agriqua 298 seisoenale werkgeleenthede geskep en 12 kontrak- en plaasondersteunende poste. Dit terwyl die werkloosheidkoers in Taung 49,8% is, en 61,7% spesifiek onder die jeug.

Die plan is om Agriqua uit te brei na 120 boere en veral aandag te gee aan vaardigheidsontwikkeling by vroue en die jeug in die landbou.

Die nalatenskapprogram is in 2016 begin, met Nedbank, Old Mutual en die swart beleggingsmaatskappye Brimstone en Wiphold wat R300 miljoen bygedra het en waarvan R180 miljoen bestee is. Die program bied finansiering met “geduldige kapitaal” oor gunstige tydperke en teen minimale of geen rente.

Die ontwikkeling van kleinskaalse boere tot kommersiële boere is een van die doelwitte van die erfenisprogram, tesame met onder meer werkskepping en steun aan klein sake-ondernemings.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Buitelewe is ñ voorrreg, maar met die regte maatjie net beter
Opsommende woorde, avontuurlustig, see, berge, sin vir humor, bosveld, dans, braai, kuier, romanties, reis, werk, sport, alles wat lekker is, en vele meer.
Genoeg seer gekry en genoeg alleen die pad gestap is opsoek na iemand om saam my die son te sien sak
Ek is n kreatiewe buite mens wat van alles plaas hou loop liewer kaalvoet en maak elke dag tyd vir die mooi wat God ons wys kyk na die mense wat my lewe saam my deel en is altyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot