
Suid-Afrika se vleisklassifikasiestelsel moet hersien word om vir die inheemse rasse se genetiese eienskappe voorsiening te maak, sê prof. Frikkie Neser, veekundige van die Universiteit van die Vrystaat.
Hy het aan die vleisbeesbespreking op Landbouweekblad se konferensie oor volhoubare oplossings vir landbou deelgeneem.
“Ouderdom is nie al maatstaf van vleissagtheid nie. Die inheemse vleisrasse het geneties sagte vleis. Dié voordeel gaan verlore weens die gebreke van die klassifikasiestelsel.”
Karkasgrootte is ook bespreek. “Ons wil mediumraamdiere van die veld af afrond, maar dan verwag ons van ’n mediumraamkoei om ’n kalf met ’n groot karkas te speen.
Dit is vir ’n mediumraamkoei feitlik onmoontlik ’n kalf met ’n karkas van 400 kg te lewer,” sê hy.