AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9864
0,00
CORN
07 Feb
-
4651,8
40,80
SOYA
07 Feb
-
9650
0,00
SUNS
07 Feb
-
11400
0,00
WEAT
07 Feb
-
6735
0,00
WMAZ
07 Feb
-
4361
-2,00
YMAZ
07 Feb
-
4461,8
18,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Verandering wêreld se voorland - Willemse

akkreditasie
FOTO:  HELÉNE  BOOYENS
FOTO: HELÉNE BOOYENS
Internasionaal verander die besigheidswêreld baie vinnig. Stagflasie en ’n geopolitieke verdeeldheid is die veranderende globale ekonomie se voorland.

Prof. Johan Willemse, ’n onafhanklike landbou-ekonoom, sê die wêreld word gekonfronteer deur ’n neiging van stagnerende ekonomie met ’n baie hoë inflasiekoers en die verdeling van ’n Amerikaanse politieke kern en die Chinees-Russiese magskern. “As jy nie saam verander nie, gaan jy ’n dinosourus word.”

Willemse het op die Vrystaatse kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) gesê dié faktore bring mee dat daar nie meer van globalisering gepraat word nie, maar deglobalisering wat meebring dat entiteite hulself in magsblokke afsonder. Een bydraende faktor is die heersende Russiese konflik in Oekraïne.

Tekorte aan voedsel begin ontstaan weens onder meer graanpryse wat op baie hoë vlakke gaan bly.

Die uitwerking van die kommoditeitspryse het ’n verlammende uitwerking op die veebedryf.

“Hoender- en varkvleisproduksie, asook voerkrale word nie meer winsgewend bedryf nie. Dit maak nie meer geld nie. Die globale verandering vind al hoe vinniger plaas en dit benadeel die landbou en die veebedrywe.”

Volgens hom sal veeboere moet oorweeg om hul speenkalwers van die veld af te bemark pleks van deur voerkrale, want dit gaan te duur word om diere intensief te voer.

Sy verwagting is dat rentekoerse met ’n verdere 2 tot 3 persentasiepunte sal styg, wat die verbruiker sal raak. Vinnige kostestygings sal innoverende oplossings van die saai- en veebedryf verg.

Dr. Theuns Laas,  ondervoorsitter van die nasionale RPO, sê ten spyte van die stygende insetkoste gaan dit goed met die rooivleisbedryf. “Daar heers uitstekende vleispyse vanweë ’n gunstige vraag na vleisprodukte. Ten spyte van die uitvoerverbod weens bek-en-klouseer word sowat 5% van die diere wat  by abattoirs geslag word, steeds uitgevoer – veral na lande in die Midde-Ooste. Die uitvoerders is onafhanklike ondernemers wat bande het met bestemmings wat nie streng voorwaardes oor dieregesondheid het nie.”

Volgens hom sal die voorgestelde statutêre heffing vir die bedryf wat teen November 2022 gefinaliseer behoort te word, sal die besluitneming ten bate van die bedryf vaartbelyn maak.

Die vooruitsigte vir diereproduksie vir die res van 2022 lyk ook goed met ’n herstel in skaap- en beeskuddes danksy die gunstige toestande die afgelope jaar.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+0.2%
Rand - Pond
21.19
+0.2%
Rand - Euro
18.92
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Platinum
970.13
-0.4%
Palladium
1,595.62
-0.2%
Goud
1,874.79
+0.4%
Silwer
22.42
+0.7%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,572
+0.1%
Alle aandele
79,647
+0.1%
Hulpbronne 10
74,341
+0.3%
Industriële 25
103,068
-0.1%
Finansiële 15
16,386
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Lily
Sodat ons vriende kan wees en lekker kan gesels en ons self kan geniet sonder om bekommerd te wees oor ander ek is eerlike en opregte mens en vat vriendskappe ernstig op ek hou...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot