AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Verbied breking, vra Karoo-aksiegroep

Treasure the Karoo het die Regering amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek.

Die aksiegroep Treasure the Karoo het die Regering vandag amptelik versoek om ’n verbod te plaas op alle planne om skaliegas met behulp van hidrouliese breking in Suid-Afrika te soek.


In sy geskrewe beswaar teen die aansoek van die Shell Exploration Company om met behulp van die omstrede tegnologie hidrouliese breking (“fracking”) na aardgas in die Karoo te soek, doen die aksiegroep onder leiding van mnr. Jonathan Deal, ? beroep op die owerhede om onmiddellik ? verbod te plaas op alle planne van Shell of enige ander onderneming om sulke eksplorasie te onderneem.


As alternatief vra die aksiegroep dat ? langtermyn-moratorium geplaas word op hidrouliese breking tot tyd en wyl ál die risiko’s en moontlike gevolge, veral in die geval van waterbronne en openbare gesondheid, in ? internasionale en nasionale verband deeglik ondersoek is.


Volgens die aksiegroep is sulke optrede noodsaaklik omdat die land nóg ? beleid het oor die aanwending van hidrouliese breking nóg die vermoë om die voorwaardes vir goedkeuring af te dwing.


Deal, nasionale woordvoerder van die aksiegroep, en die omgewingsaktivis Lewis Pugh het vanoggend in Kaapstad ? afskrif van die dokument aan die kantoor van die President in Tuynhuys oorhandig. Verteenwoordigers van hoofsaaklik landelike gemeenskappe wat deur die eksplorasie geraak sou word, was ook teenwoordig.


Die dokument is saamgestel deur dr. Luke Havemann van die Kaapstadse regsfirma Havemann Geïnkorporeer wat in energiesake spesialiseer, prof. Jan Glazewski van die Instituut van Marine- en Omgewingsreg aan die Universiteit van Kaapstad, en die omgewingskundige me. Susie Brownlie.


Die aksiegroep se grootste kommer is die gebrek aan betroubare en voldoende inligting oor hidrouliese breking internasionaal, en in Shell se konsep- omgewingsbestuursplan in die besonder. Dit maak ? rasionele en beredeneerde besluit feitlik onmoontlik, veral ten opsigte van die moontlike koste daarvan vir die land.


Ander kwellings is:


• Shell se vaagheid wanneer dit kom by die waterbronne wat hy sal benut in ’n deel van Suid-Afrika wat beperkte waterbronne het.


• Die moontlike, ernstige, nadelige uitwerking op die gesondheid van mense en ekostelsels weens die moontlike besoedeling van oppervlak- en ondergrondse water deur die gebruik van moontlike toksiese en gevaarlike chemikalieë.


• Heelparty ontwikkelde lande het moratoriums of ’n algehele verbod op hidrouliese breking geplaas terwyl verdere navorsing gedoen word.


• Shell se aansoek val buite die riglyne van ? aantal grondwetlike en nasionale omgewingsbestuursvereistes, insluitende die reg tot ekologies volhoubare ontwikkeling.


• Hidrouliese breking, met skaliegasontginning as die einddoel, is nie noodwendig die optimale of volhoubare grondbenutting vir die unieke Karoo-streek nie. Geen evaluering van ander vergelykbare grondgebruiksopsies is nog op strategiese vlak vir dié gebied onderneem nie.


• Die moontlike ongunstige uitwerking van hidrouliese breking op die unieke karakter van die Karoo, met sy groeiende landbou- en toerismesektore, landelike lewenstyl en die beweging na gelykwaardige ontwikkeling.


Die volledige verslag getitel “A critical review of the application for a Karoo gas exploration right by Shell Exploration Company BV”, kan op die webwerf www.hwb.co.za gelees word.


5 April 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.94
-0.2%
Rand - Euro
18.71
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,023.79
-0.1%
Palladium
1,681.40
+0.7%
Goud
1,914.08
+0.1%
Silwer
23.50
+0.1%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,874
+0.3%
Alle aandele
80,036
+0.3%
Hulpbronne 10
74,924
+0.3%
Industriële 25
103,003
+0.4%
Finansiële 15
16,596
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot