AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Verbied prospekteerreg vir Shell

Shell se voorstel vir die ontginning van gas in die Karoo moet nie eens deur die Petroleumagentskap van Suid-Afrika oorweeg word nie, aldus die DA.

Die Oliereus Shell se voorstel vir die ontginning van gas in die Karoo moet nie eens deur die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (PASA) oorweeg word nie, aldus die Demokratiese Alliansie (DA).

Luidens ‘n verklaring is die party gekant teen die gebruik van hidroliese frakturering van grond en klip, wat die proses sal wees wat vir dié mynaktiwiteite aangewend sal word.

Volgens mnr. Garteh Morgan, die party se woordvoerder vir omgewingsake en water, is dié proses in verskeie omgewings in die VSA al verban, en het hy mnr. Mthozami Xiphu, uitvoerende hoof van PASA, versoek om nie die aansoek te oorweeg voor ‘n volledige impakstudie op die Karoo se geologie en waterbronne uitgevoer is nie.

15 miljoen liter water

Die party sê tydens een fraktureringsgebeurtenis word 15 miljoen liter water gebruik, en as mens vat dat oor ‘n periode van nege jaar – Shell se voorgestelde mynperiode – honderde van dié gebeurtenisse op 90 000 ha grond gaan plaasvind, kan dit die distrik waar water skaars is baie duur te staan kom.

Die DA meen dat ‘n moratorium op enige sulke mynaktiwiteite ingestel moet word. Morgan sê dit is belangrik om op te merk dat die Departement van Minerale Hulpbronne verlede jaar in die Parlement erken het dat hulle geen regulasies of beleide oor dié mynmetode in plek het nie.

Hy meen met ondervindingsgebreke binne die departement sal dit onverantwoordelik van PASA en die Regering wees om hulle slegs op Shell, of enige ander maatskappy of aansoeker, vir inligting rondom die lewensvatbaarheid hiervan te beroep.

Die VSA is tans ook besig met navorsing oor die moontlike invloed van dié mynaktiwiteite op waterbronne en die gehalte van drinkwater.

Aansoek teruggetrek

Intussen het Advasol, ‘n alternatiewe energiemaatskappy, hulle aansoek vir ‘n lisensie om gas langs die Suid-Kaapse kus te myn, vir eers teruggetrek. Luidens ‘n verklaring sê die maatskappy hulle moet groter fokus plaas op hulle beplande projekte in Mosambiek en die Noord-Kaap.

Die maatskappy wil moontlike gasbronne in Mosambiek ontgin, asook fokus op hulle solar energie parke in die Noord-Kaap. Anton van Wyk, die maatskappy se direkteur, sê dit beteken egter nie dat die maatskappy in die toekoms weer hulle aansoek kan indien nie. 

2 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot