AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verbod op swartvlek kan miljarde kos

'n Algehele verbod op Suid-Afrikaanse sitrus weens swartvlek kan vir die bedryf 'n verlies van tot R26 miljard oor die volgende vyf jaar meebring.

As die Europese Unie ’n algehele verbod op Suid-Afrikaanse sitrus weens swartvlek instel, kan die bedryf tot R26 miljard oor die volgende vyf jaar verloor. As marktoegang net gedeeltelik beperk word, sal die verlies sowat R17,4 miljard wees.

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het as deel van sy vooruitskouingsverslag tot 2023 gaan kyk wat met die sitrusbedryf sal gebeur as die EU ’n algehele of gedeeltelike verbod op plaaslike sitrus instel.

Die organisasie het ook gaan kyk na alternatiewe markte waar sitrus verkoop kan word, soos Asië, die Midde-Ooste en Afrika. Suid-Afrika is die Suidelike Halfrond se grootste sitrus-uitvoerder, daarom kan so ’n verbod ’n groot invloed op wereldmarkte hê.

In die geval van ’n algehele verbod sal die pryse van suurlemoene, sagte sitrus, lemoene en pomelo's met onderskeidelik 29%, 49%, 37% en 38% verminder.  Sowat 33% van produkte wat gewoonlik in Europa verkoop word, sal na ander markte herlei moet word. Net 2% sal in die binneland verkoop word, mits dié mark met sowat 8% groei.  Nuwe aanplantings sal ook nie gebeur nie en BFAP verwag dat produksie met 2% sal afneem.  Die res van die produkte sal aan die verwerkingsmark gelewer word. Die mark sal egter met 80% moet uitbrei om die ekstra volumes te hanteer.

“As ’n gedeeltelike verbod ingestel word, lyk die resultate ’n klein bietjie beter, maar ons kyk steeds na prysverminderings van 15% vir suurlemoene, 32% vir pomelo's, 29% vir sagte sitrus en 25% vir lemoene,” het me. Tracy Davids van BFAP gesê. Sitrus sal dan steeds van die Wes- en Noord-Kaap en die Vrystaat (gebiede wat vry is van swartvlek) uitgevoer kan word.

Soek alternatiewe markte

"Die beste sal wees as ons die markte kan behou, maar ons moet ook kyk na watter ander markte, ook in Afrika, ons die sitrus kan stuur as dit nie Europa toe kan gaan nie,” is gesê.

Mnr. Louw Pienaar van die Wes-Kaapse departement van landbou het gesê: “Sowat 43% van ons sitrus gaan na die EU, waar ons hoë premiepryse verdien, so dis belangrik dat ons die mark behou.”

Afrika en Asië is egter potensiële alternatiewe. “Rusland toon belofte, want die land het die afgelope paar jaar konstant ons produkte gekoop, maar daar is uitdagings met politieke onstabiliteit. Mededinging kom ook vanaf lande soos Argentinië,” sê Pienaar.

Suid-Afrika is ook tans die grootste uitvoerder na die Midde-Ooste en daar is  ’n kans om uitvoer selfs te verhoog. Pienaar het egter gewaarsku oor die politieke situasie in die lande wat ’n risiko kan inhou. Asië bied ook moontlikhede, maar logistiek, infrastruktuur en taal kan dit moeilik maak.

Pienaar sê dit raak deesdae makliker om in Afrika sake te doen.  Die MAI het gewys Mosambiek, Angola en Zambië is die aanloklikste markte vir plaaslike sitrus. “Daar was die afgelope paar jaar ook baie buitelandse beleggings, sommige Afrika-lande het hoë ekonomiese groeikoerse en selfs in die resessiejare is Afrika nie so hard geslaan nie.”

Na verwagting sal ’n baie groot deel van die wêreldbevolking teen 2050 in Afrika woon. “Die bevolkingsgroei en verstedeliking sal ’n groot vraag na produkte skep.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
-1.3%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.59
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.52
-0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,708.09
-1.1%
Silwer
20.30
-3.6%
Palladium
2,254.00
-3.0%
Platinum
913.50
-2.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot