
Suid-Afrikaners kan in die volgende 10 jaar 29% meer hoendervleis verorber.
Dit volg ná groei van 58% in die vorige dekade, sê me. Tracy Davids van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP).
Vleisverbruik gaan na verwagting bly styg, maar teen 'n stadiger koers as voorheen.
Die buro verwag goeie groei in die verbruik van varkvleis, naamlik 37%, terwyl Suid-Afrikaners na verwagting 17% meer eiers, 6% meer beesvleis, en 10% meer skaapvleis kan eet.
Die groeiende verbruik is danksy mense se beter inkomste. Van 2009 tot 2015 het Suid-Afrikaners se nominale inkomste met 62,8% gestyg en hul reële inkomste met 19,6%.