AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verbruiker dikteer weer

Vereistes in die wêreldmark vir rooivleis verander deurlopend. Dit is verbruikergedrewe en elke land wat in dié mark wil meeding, durf dit nie veronagsaam nie.

Vereistes in die wêreldmark vir rooivleis verander deurlopend. Dit is verbruikergedrewe en elke land wat in dié mark wil meeding, durf dit nie veronagsaam nie.

Die internasionale vleiskongres einde Mei in Berlyn, Duitsland, is 'n sprekende voorbeeld van hoe intens verbruikersvoorkeure besig is om veral beesvleisprodusente wêreldwyd in 'n blik te druk. Daar is ook nie 'n skuiwergat om dit te ontglip nie.

Die verbruiker kies en as 'n produk nie aan sy of haar vereistes voldoen nie, word dit nie weer gekoop nie. En dit geld elke land wat in die wêreldmark met rooivleis wil meeding, sê mnr. Manie Booysen, hoof uitvoerende beampte van die SA Vleisbedryfsmaatskappy (Samic). Mnr. Booysen is ook tot die uitvoerende bestuur van die kongres verkies.

Die tema van die kongres was die herstel van vertroue. Veral vier aspekte is beklemtoon: Malbeessiekte-beheer, bek-en-klou-seer-bestuur, antibiotika- en hormoonaanvulling in intensiewe stelsels en die naspeurbaarheid van produkte.

Dit is aspekte wat die verbruiker die rug op rooivleis laat keer. Selfs al probeer 'n mens dit as sieninge afmaak, word dit deur verbruikers in die Europese Unie (EU) as 'n norm aanvaar. Hierdie norm versprei vinnig wêreldwyd en ook Suid-Afrika sal teen wil en dank maniere moet vind om daaraan te voldoen, sê mnr. Booysen.

Beheerregulasies in verband met malbeessiekte word wêreldwyd deurlopend strenger toegepas namate meer inligting oor die effek daarvan op die mens aan die lig kom.

Enkele weke gelede het die Departement van Landbou reeds die derde nuwe vraelys van die EU ontvang oor Suid-Afrika se beheermaatreëls ten opsigte van malbeessiekte. Uitstel is wel verkry, maar bevredigende antwoorde moet verskaf word.

Behalwe dat die gebruik van karkasmeel in dierevoer lankal taboe is, word abattoir-afvalprodukte in die EU volgens die jongste regulasies die staat se eiendom wat dit behoorlik moet vernietig.

Om die risiko van malbeessiekte te verminder, het Brittanje so ver gegaan om alle diere ouer as 30 maande uit die stelsel te verwyder en 8,5 miljoen beeste is van kant gemaak. Dit is dus nie speletjies nie.

Die verbod op uitvoer van dierlike produkte uit Suid-Afrika weens bek-en-klou-seer is opgehef, maar volgens mnr. Booysen is bilaterale ooreenkomste tussen uit- en invoerlande steeds nodig. Veral voorkomende maatreëls wat in stand gehou word, is van uiterste belang by die sluit van uitvoer-handelsooreenkomste.

Dit is ook in geval van sulke ooreenkomste dat die gebruik van antibiotika in dierevoer en groeistimulante ernstig bespreek word. Die Europese verbruiker stel dit as 'n beginpunt vir onderhandelinge en hierdie benadering word reeds wêreldwyd as 'n norm aanvaar. Veral in intensiewe stelsels (soos voerkrale) is die gebruik van hierdie middels taboe en die Suid-Afrikaanse bedryf sal dit teen wil en dank moet aanvaar.

Groeistimulante

Hierdie boodskap het reeds verlede jaar op die internasionale voedselskou in Keulen, Duitsland, sterk op die voorgrond getree, naamlik dat die gebruik van groeistimulante in diereproduksiestelsels baie sterk teenstand in die wêreldmark moet verwag. 'n Mens kon dit ook aflei van die groot konflik hieroor tussen Amerika en die EU. Nieteenstaande 'n hofuitspraak teen die EU, hou laasgenoemde voet by stuk dat geen sulke vleis na EU-lande ingevoer mag word nie.

Nasionale en internasionale bemarking-strategieë moet dit deeglik weerspieël, sê mnr. Booysen. Hy verwys na die groot welslae wat Brasilië wêreldwyd met die bemarking van vleis van natuurlike grasweiding sonder groeistimulante behaal. Hierdie aggressiewe verkoopaksie is gegrond op gesonde vleis sonder enige antibiotika of groeistimulante. Die onlangse Duitse skandaal oor stimulante in pluimveevoer wat tot gevolg gehad het dat duisende hoenders vernietig moes word, is nog 'n voorbeeld van verbruiker-teensin en die invloed daarvan.

Europese verbruikers wil weet hoe diere op die plaas behandel word, hoe geboer word en selfs hoe werkers behandel word. Uitvoerders van Suid-Afrikaanse vrugte na EU-lande ervaar dit egter reeds as die werklikheid en dit is ook die vleisbedryf se voorland as hulle 'n volwaardige plek in die wêreldmark wil beding.

Terselfdertyd sal die totale produksie- en verwerking- en bemarkingstelsels van rooivleis in Suid-Afrika ten opsigte van standaarde en onafhanklike monitering van stelsels vinnig aangepas moet word om aan verbruikersvoorkeure te voldoen. Binnelandse vertroue in die produk is die fondament waarop vertroue in die uitvoermark gebou kan word, sê mnr. Booysen.

"Totale naspeurbaarheid op grond van DNS-toetse is onvermydelik. Sowat 80 miljoen diere in die EU word reeds op dié manier geïdentifiseer. Dié stelsel werk goed in die EU en word na die res van die wêreld uitgebrei."

Uit 'n bemarkingsoogpunt is dit ook belangrik dat die EU nou amptelik uitgebrei is om die Oosbloklande in te sluit. In dié lande het die vleisbedryf feitlik tot stilstand gekom en moet van die grond af opgebou word. Bykomende regulasies om dié lande se bedrywe te beskerm, kan dus verwag word.

Dit was volgens mnr. Booysen opvallend dat elke spreker op die kongres op die belangrikheid van generiese reklame in die binnelandse mark klem gelê het. Sulke reklame moet spesifiek daarop gemik wees om die gesondheidsaspekte van rooivleis te beklemtoon en moet nie met 'n nasionale handelsmerk wat op die uitvoermark gerig moet wees, verwar word nie.

"In Suid-Afrika het generiese bemarking totaal tot stilstand gekom. Ons bedryf vertel die verbruiker niks van die goeie eienskappe van rooivleis nie," sê mnr. Booysen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.85
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.3%
Rand - Euro
17.53
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,686.65
+1.5%
Silwer
20.40
+7.2%
Palladium
2,244.00
+3.6%
Platinum
898.50
+3.9%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,833
+0.8%
Alle aandele
64,220
+0.8%
Hulpbronne 10
61,626
+2.3%
Industriële 25
77,544
+0.2%
Finansiële 15
13,799
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boerseun soek na liefde
Ek is a baie spontane ,liefdevolle mens hou van mense om mee te komenikeeren soek na die liefde van my lewe om saam my op die plaas te kan kom bly
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot