AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Verbruikers in Afrika nog nie lus vir vleisalternatiewe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Ter illustrasie. Foto: Theuns Botha
Veel meer inligting sal oor vleisalternatiewe beskikbaar moet wees voor verbruikers werklik hul lippe daarvoor sal aflek, het ’n onlangse studie bevind.

Luidens ’n verklaring deur Universteit Stellenbosch (US) sal die wêreldvraag na vleis teen 2050 met 73% toeneem. Lande in Afrika suid van die Sahara sal waarskynlik dan verreweg die meeste vleis voorsien. Ter wille van die omgewing en om die impak van dié situasie daarop te versag, het sommige maatskappye plantgebaseerde vleisalternatiewe begin vervaardig.

’n Oorsigstudie aan die US en Wageningen-universiteit in Nederland oor plantgebaseerde alternatiewe vir vleis wat onlangs in die vaktydskrif Scientific African gepubliseer is, het egter bevind dat verbruikers in bogenoemde streek nog eers oortuig moet word om hul gunsteling-vleissnitte vir ’n vleislose alternatief te verruil.

Die studie het bevind dat eers bepaal moet word wat die maatskaplike implikasies daarvan sal wees om minder vleis te eet, wat die hindernisse verbonde aan die eet van plantgebaseerde vleisalternatiewe is, verbruikers se aanvaarding van hierdie produkte en strategieë wat mense sal aanmoedig om hul vleisinname met plantgebaseerde alternatiewe aan te vul.

Mnr. Omamuyovwi Gbejewoh, ’n PhD-student, en dr. Jeannine Marais van die US se departement voedselwetenskap, en dr. Sara Erasmus van die voedselgehalte- en -ontwerpgroep aan die Wageningen-universiteit het die oorsigstudie onderneem. Hulle het die beskikbare literatuur oor die vervaardiging en verbruik van plantgebaseerde vleisalternatiewe bestudeer deur in die Web of Science and Scopus-databasisse na akademiese artikels en Google vir nuus en gewilde artikels te soek.

Hulle het bevind navorsers sê sekere faktore verhinder verbruikers om plantgebaseerde vleisalternatiewe te aanvaar, hoewel verkope van plantgebaseerde vleisprodukte wêreldwyd $12,1 miljard in 2019 beloop het, en waarskynlik met 15% tot $27,9 miljard teen 2025 en tot $149 miljard teen 2029 sal styg.

Plantgebaseerde vleisalternatiewe is al die afgelope 25 jaar in Suid-Afrika en lande in Afrika suid van die Sahara beskikbaar.

Vleis aan status, mag gekoppel

Die studie het bevind verbruikers se voorkeur vir vleis is die grootste hindernis vir die eet van plantgebaseerde vleisprodukte of die volg van ’n streng vegetariese eetpatroon. Daarby word vleis ook gekoppel aan belangrike skulturele verskynsels soos status, mag, hiërargie en onderwerping van ander.

“Navorsing in Zambië het byvoorbeeld aan die lig gebring dat die eet en deel van vleis, en selfs die soort vleis wat bedien word, ekonomiese voorspoed, mag en respek beteken. Hoender is gewilder vir gewone verbruik en om gaste te onthaal, want dit is makliker bekombaar en relatief goedkoop,” sê Marais.

“Daarenteen word beesvleis net vir belangrike besoekers en baie belangrike geleenthede gebruik, aangesien dit op voorspoed dui. Dit is ook baie duurder en word gewoonlik net in hooggeplaaste huishoudings geëet.

“Ander studies het bevind dat ander etniese groepe in Suid-Afrika die vleis van verskillende soorte mak en vrylopende wilde diere in die voorbereiding van verskeie vleisgeregte gebruik.”

Prys is nog ’n belangrike hindernis wat ’n demper op verbruikers se lus vir vleisalternatiewe plaas. In Suid-Afrika word plantgebaseerde alternatiewe vir vleis as duur nismarkprodukte beskou wat met status en klas geassosieer word.

Vleisparadoks en stralekranseffek

Wat die omgewings- en gesondheidsrisiko’s verbonde aan die gereelde eet van vleis betref, wys die navorsers daarop dat hoewel verbruikers die risiko’s erken, hulle waarskynlik nog steeds nie minder vleis sal eet nie. Hierdie verskynsel staan as die vleisparadoks bekend.

Die studie het bevind dat die stralekranseffek (verbruikers se siening dat plantprodukte omgewingsvriendeliker is) wat aan plantgebaseerde vleisalternatiewe gekoppel word, nie heeltemal geregverdig is nie aangesien navorsers wetend of onwetend die verwerkte aard van vleisalternatiewe in enige omgewings- of gesondheidsrisikobeoordeling buite rekening laat.

Terwyl die verminderde uitwerking van vleisalternatiewe op die omgewing voor die hand liggend is, moet ’n begin-tot-einde-omgewingsbeoordeling gedoen word om te verseker dat die omgewingslas nie na ander stadiums van die produksiesiklus verskuif word nie.

Die studie het ook bevind dat plantgebaseerde vleisalternatiewe se voedingsamestelling soortgelyk aan vleis is, hoewel verskille in noodsaaklike voedingstowwe versigtig beoordeel moet word. Wat die verskil in voedingsamestelling tussen tradisionele vleis en vleisalternatiewe betref, is daar nie beslissend bewys dat die een gesonder is as die ander nie.

Vleislose dae, ander strategieë het ook nadele

Verder het die studie bevind dat die beskikbare literatuur oorlaai is met strategieë om tradisionele vleisverbruik te verminder en om plantgebaseerde vleisalternatiewe uit te toets. Dit sluit onder meer vleislose dae in, asook die gedeeltelike vervanging van tradisionele vleis met plantgebaseerde bestanddele.

“Van hierdie strategieë het ook nadele,” sê Marais. “Voedseletikette oor die gesondheids- en omgewingsvoordele van plantgebaseerde vleis bevat dalk te veel inligting wat verbruikers kan verwar.”

Sy sê vir verbruikers in lande in Afrika suid van die Sahara om oortuig te word om minder vleis te eet en/of dit met plantgebaseerde vleisalternatiewe te vervang, moet laasgenoemde produkte nie as ’n alternatief tot vleisprodukte bemark word nie, maar eerder as ’n aanvullende produk.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot