AFGRI
BEAN
25 Okt
-
7016,8
101,80
CORN
25 Okt
-
3306
53,00
SOYA
25 Okt
-
7302
61,00
SUNS
25 Okt
-
10620
-92,00
WEAT
25 Okt
-
5790
69,00
WMAZ
25 Okt
-
3230,6
90,60
YMAZ
25 Okt
-
3385,80
88,80
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Verbruikers koop minder melk

akkreditasie
Gegeurde melk in 'n fabriek. Foto: Carien Kruger
Gegeurde melk in 'n fabriek. Foto: Carien Kruger
Verbruikers het in 2019 minder vars en langlewemelk as in 2018 gekoop.

Sowat die helfte van die onverwerkte melk wat boere produseer, word in dié twee produkte gebruik, sê mnr. Alwyn Kraamwinkel, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

Luidens die jongste Nielsen-syfers het die hoeveelheid langlewemelk wat in die kleinhandel verkoop is, met 1,5% gedaal. Dit is volgens Kraamwinkel ongewoon. “In die afgelope tien jaar is dit slegs die tweede jaar waarin dit gedaal het. Die vorige daling was in 2014.”

Die totale beraamde hoeveelheid kleinhandelverkope van vars en langlewemelk was in 2019 1,6% laer as in 2018. Minder roomkaas en room is ook verkoop. Al vier dié produkte waarvan die verkope gedaal het, se pryse was in Desember 2019 hoër as ’n jaar gelede.

tabel
Die tabel toon die wisselwerking tussen prysbewegings en hoeveelhede wat verkoop is

Die suiwelprodukte waarvan kleinhandelverkope wel verlede jaar gestyg het, is gegeurde melk, jogurt, maas, voorafverpakte kaas en botter. Maas se verkope het weer sterk gegroei, naamlik met 18,7%, maar die prys was in Desember 2019 4,6% laer as in Desember 2017.

Swakker kwartaal

In die vierde kwartaal van 2019 het meer produkte, naamlik ses uit die nege wat Nielsen monitor, swakker verkoop as in die ooreenstemmende kwartaal in 2018. Langlewemelk se verkope het met 6% die meeste gedaal, gevolg deur room met 5,9%.

Onder die drie produkte waarvan die verkope wel gestyg het, het maas se verkope die meeste gestyg, naamlik met 10,7%, wat heelwat minder is as die 18,7%-styging vir die jaar as geheel.

Kraamwinkel sê die daling in verkope van verskeie produkte “toon die neerdrukkende invloed van die swak ekonomiese groeikoers van Suid-Afrika op die verkope van suiwelprodukte, net soos wat die geval ten opsigte van ander verbruikersgoedere is”.

Die syfers toon dat dié invloed veral in die laaste kwartaal van 2019 groter geword het.

Plaashekpryse

Kraamwinkel sê daar is ’n wisselwerking tussen verkope (hoeveelheid en prys) van suiwelprodukte en verkope (prys en hoeveelheid) van onverwerkte melk. Die swak ekonomiese groeikoers beïnvloed daarom nie net die verkope van suiwelprodukte nie, maar ook van onverwerkte melk.

Die grafiek toon aldus Kraamwinkel, dat die kleinhandelspryse van langlewemelk en van onverwerkte melk gereeld verander, dat dit tipies in dieselfde rigting beweeg, en dat die kleinhandelsprys van langlewemelk in die agt jaar wat in 2019 geëindig het, minder gestyg het as die prys van onverwerkte melk.

grafiek
Kleinhandelsprysindeks (KPI) van langlewemelk en produsenteprysindeks (PPI) van onverwerkte melk

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.71
+0.8%
Rand - Pond
20.25
+0.3%
Rand - Euro
17.08
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.02
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,806.73
+0.8%
Silwer
24.57
+0.9%
Palladium
2,065.50
+2.2%
Platinum
1,062.25
+1.8%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,446
-0.1%
Alle aandele
66,980
-0.1%
Hulpbronne 10
63,455
+0.8%
Industriële 25
85,827
-1.0%
Finansiële 15
13,901
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Advontuurlustige metgesel gesoek...spelling is belangrik. :)
Wel, dis moeilik om jouself op te som in net 'n paar woorde. so hier's die langer weergawe: Ek's selfstandig, pret om saam mee te wees, en het 'n...
Kom ons begin 'n nuwe lewe saam.
As jy van 'n goeie humorsin hou, en gevatte antwoorde, is ek die girl vir jou. Eerlikheid, opregtheid, my Christelike waardes, getrouheid. dis wie ek is. Ek love diere en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot