AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Verbruikers koop minder vars melk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gretchen Peiser
Foto: Gretchen Peiser
Die hoeveelheid vars melk wat in die jaar tot Junie 2022 in die kleinhandel verkoop is, was 7,7% laer as in die vorige twaalfmaandetydperk.

Die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) sê in ’n verslag die hoeveelheid langlewemelk wat verkoop is, het met 1,9% gestyg.

Verkope van vars en langlewemelk gesamentlik was 1,2% laer as in die vorige ooreenstemmende tydperk. Sowat 44% van die totale onverwerkte melk wat in Suid-Afrika geproduseer word, word vir vars en langlewemelk gebruik.

Sampro se verslag oor kleinhandelverkope en -pryse is gegrond op syfers van die onderneming NielsenIQ, wat kyk na kleinhandelverkope en -pryse van nege verskillende suiwelprodukte.

Van die nege het ses se verkope in die jaar tot Junie met van 0,7% tot 7,7% gedaal. Die ander drie s’n het met van 0,7% tot 1,9% gestyg.

Jogurt se verkope het met 5,5% gedaal, maas met 1,9% en room met 5%. Voorafverpakte kaas se verkope het met 1,5% gestyg.

Die pryse van al nege gemoniteerde produkte het in die jaar tot Junie 2022 gestyg. Die stygings was van 1,6% tot 6,8%.

Vars melk se prys het met 4,5% gestyg, langlewemelk met 6,8%, jogurt met 2,6%, voorafverpakte kaas met 4,4% en room met 6,7%.

Mnr. Alwyn Kraamwinkel, uitvoerende hoof van Sampro, sê in ’n ander verslag, wat oor die belangrikste markaanduiders in die melkbedryf tot die eerste week in September gaan, dat die vraag na die meeste suiwelprodukte swak is, hoewel kleinhandelpryse van dié produkte met minder as die inflasiekoers gestyg het.

Volgens hom word verbruikers se koopkrag deur stygings in geadministreerde en ander pryse, asook stadige ekonomiese groei weggekalwe.

In die eerste sewe maande van vanjaar was die produksie van onverwerkte melk laer as in die ooreenstemmende tydperke in al drie die vorige jare. Kraamwinkel wys op die ongunstige verhouding tussen die indekse vir voerpryse en vir produsentepryse van onverwerkte melk.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.81
-1.0%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,713.33
-0.8%
Silwer
20.56
-2.4%
Palladium
2,252.00
-3.0%
Platinum
920.50
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot