AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Verdagte doodgeskiet tydens aanval op kleinhoewe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
Ter illustrasie. Foto: LBW-argief
’n Gewapende aanvaller is doodgeskiet en sy drie makkers het gevlug toe ’n egpaar van in die sewentig terugveg tydens ’n aanval op ’n kleinhoewe by Estcourt in KwaZulu-Natal.

Mnr. Mark Winter, voorsitter van die Estcourt-boerevereniging, sê die aanval het op Vrydagaand 12 Augustus ná sononder plaasgevind.

Die man is na bewering op die werf oorval deur vier aanvallers wat agter ’n groot plaaswerktuig gewag het. Hulle het hom met ’n kapmes in die gesig gekap, sy hande vasgebind en terug in die huis gedwing.

Die vrou is in die huis oorval. Haar hande is ook vasgebind waarna die aanvallers na bewering vuurwapens en ander eiendom uit die huis gesteel en in een van die egpaar se voertuie gelaai het.

Winter sê terwyl die aanvallers deur die huis gegaan het, kon die vrou stilletjies haar eie hande en toe haar man se hande losmaak. “Een van die aanvallers het die man na die egpaar se slaapkamer begelei. Daar was ’n vuurwapen agter die gordyne in die slaapkamer versteek. Die man het dié vuurwapen gegryp en na bewering die aanvaller wat saam met hom was, doodgeskiet. Hy het toe nog skote afgevuur op die oorblywende aanvallers, wat op vlug geslaan het toe hulle die eerste skoot hoor.”

Nadat plaaslike veiligheidsowerhede in kennis gestel is, is die man vir sy besering behandel. Sy vrou is nie fisiek beseer nie.

Winter sê nadat daar lank geen plaasaanvalle in die distrik was nie, het dié boeregemeenskap die afgelope ses maande twee aanvalle beleef. Al die slagoffers was bejaard.

Hy sê hoewel hy verstaan dat wetsgehoorsame burgers nie in vestings wil woon nie en nie voortdurend paraat sou wees nie, is dit onwaarskynlik dat die bedreiging van plaasaanvalle en ander misdade ooit sal verdwyn. Mense kan nie bekostig om laks met hul veiligheidsmaatreëls en hul waaksaamheid te wees nie.

“Dit is kommerwekkend dat daar mense in ons boeregemeenskap is wat nog absoluut geen veiligheidsmaatreëls het nie. Ek het die liggaam van die dooie aanvaller gesien en dit was skrikwekkend om te sien hoe professioneel hy in gevegsuitrusting toegerus was. Hierdie ouens is baie goed voorbereid. Ons boeregemeenskap moet alles in sy vermoë doen om dit vir hierdie misdadigers so moeilik moontlik te maak om suksesvol te wees.”

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê speurders van die polisie op Estcourt ondersoek klagte van roof en probeer om die ander verdagtes op te spoor. Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot