AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Verdagte gesoek ná moord op Oos-Kaap boer

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
Ter illustrasie. Foto: Jasper Raats
’n Boer van Oos-Londen in die Oos-Kaap het die naweek gesterf nadat hy tydens ’n patrollie in ’n onderonsie met insittendes van ’n verdagte voertuig steekwonde opgedoen het. Mnr. Darryl Richter (34) het twee aanvallers tydens die onderonsie doodgeskiet.

Brig. Thembinkosi Kinana, ’n polisiewoordvoerder, sê die motief vir die aanval is nog nie vasgestel nie. Die polisie soek na ’n man wat by die voorval betrokke was.

Mnr. Alfonso van Niekerk, voorsitter van landelike veiligheid by Agri Oos-Kaap, sê Richter was Saterdagaand op patrollie toe hy ’n verdagte voertuig gewaar. Hy het ander plaaslike boere oor die radio gevra vir bystand voordat hy die voertuig genader het.

“Darryl het die voertuig genader en drie gewapende manne teëgekom. ’n Onderonsie het ontstaan. Gedurende die onderonsie is Darryl gewond, maar hy kon nogtans twee van die aanvallers doodskiet.”

Vermoedelik het die derde aanvaller te voet gevlug nadat hy gewond is. Volgens Van Niekerk is die motief vir die aanval onduidelik, maar ’n verdagte voertuig waarin honde was, is naby die toneel gevind.

Richter het nog gelewe toe boere uit die omgewing opdaag en kon verduidelik wat tydens die voorval gebeur het.

Luidens ’n verklaring het Agri Oos-Kaap diep hartseer uitgespreek oor Richter se heengaan. “Agri Oos-Kaap wil ook sy dank en lof teenoor die plaaslike boeregemeenskap uitspreek wat gereageer het op Darryl se oproep vir bystand en by hom was tydens sy laaste oomblikke.”

Volgens Netwerk24 word Richter, wat op die plaas Waterfall net buite Oos-Londen geboer het, oorleef deur sy vrou en twee dogters (bit.ly/3gYoqbN).

Die aanval het plaasgevind net minder as ’n maand nadat nog ’n boer, die 79-jarige mnr. John Viedge, op sy plaas naby Nqanarhu (Maclaer) vermoor is.

“Agri Oos-Kaap doen weer ’n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om sy landelike veiligheidstrategie toe te pas en sy pogings op te skerp om te voorkom dat hierdie sinlose aanvalle plaasvind. Dit is die plig van die polisie om die veiligheid van landelike gemeenskappe regdeur die Oos-Kaap en die land te verseker.”

Selfverdediging

Me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, sê Richter se moord bevestig weer hoe belangrik dit is dat boere ’n vuurwapen moet kan besit ten einde hulself te verdedig.

Volgens Kohler Barnard het Richter voorheen ’n plaasaanval in Butterworth oorleef.

“Dit is een van verskeie wrede moorde op boere en plaaswerkers wat gedurende die afgelope drie maande plaasgevind het. Dit is die werklikheid vir Suid-Afrikaanse boere op ’n daaglikse basis en as mnr. Bheki Cele sy sin kry, sou die aanvallers Richter vermoor, eenvoudig weggery en moontlik sy vrou en kinders aangeval het.”

Die DA het onlangs ’n vuurwapenberaad aangebied om Cele, minister van polisie, se voorstel dat vuurwapens nie meer vir selfverdediging besit mag word nie te bespreek. Talle belangegroepe, burgerlike organisasies en kenners het dit bygewoon. Cele is na die beraad genooi, maar het dit nie bygewoon nie.

“Derduisende Suid-Afrikaners weet ’n vuurwapen is die enigste manier hoe hulle hulself kan beskerm teen marteling en dood deur die hartelose misdadigers wat oral in Suid-Afrika te vind is.

“Die oorweldigende konsensus is dat Suid-Afrikaners gekant is teen die voorgestelde wetgewing. Meer as 76 000 het sover die DA se petisie teen die voorgestelde wetgewing onderteken.”

Kohler Barnard sê die DA doen weer ’n beroep op Cele om eerder misdadigers, insluitende diegene in die polisie wat vuurwapens onwettig aan misdadigers verkoop, as wetsgehoorsame burgers te ontwapen. “Ons boere en plaaswerkers is onder beleg, tog blyk dit dat Cele nie tevrede sal wees tot hulle glad nie hulself kan verdedig nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot